Bobby en Pieter het iets in gemeen: Vind uit wat!

Innibos_513131927

Wat het Bobby van Jaarsveld en Pieter Koen in gemeen? Pieter Koen het ’n tattoo op sy “linkerboud” en Bobby is besig om sy tattoos te verwyder. Maar wat hulle werklik in gemeen het, is dat albei by Innibos se programbekendstellingskonsert is.

Bobby van Jaarsveld.

Bobby van Jaarsveld.

Innibos nooi die gemeenskap uit om op Vrydag, 23 Mei 2014 om 18:00 saam te kom makietie hou op Hoërskool Bergvlam se sportterrein. Hierdie konsert en programbekendstelling is absoluut gratis en is dié geleentheid op die kalender wat nie misgeloop moet word nie. Tydens hierdie geleentheid tree Pieter Koen, Bobby van Jaarsveld en die pragtige meisies van BlackByrd op. Innibos het hierdie jaar ’n baie besonderse program saamgestel om in hulle tema – Innibos is alles moontlik – te pas. Tydens hierdie geleentheid gaan die feesgidse, wat deur Laeveld Media uitgelê en gedruk is, gratis aan almal uitgedeel word. Daarin is die hele program met al die feesinligting vervat.

Innibos beplan ’n klomp verrassings hierdie jaar. “Maar as ons dit hier uitblaker, is dit mos nie meer ’n verrassing nie,” het Sandra Jacobs, Innibos se media en bemarkingsbestuurder opgemerk. Sy sê dat feesgangers hulle oë moet oophou tydens die fees. Met meer as 300 akteurs, sangers en kunstenaars wat die fees besoek, kan ’n mens dalk net ’n celeb op vreemde plekke teëkom.

“Kom geniet gerus hierdie heerlike aand saam met ons,” het Andy Lubbe, feesbestuurder gesê. Feesgangers kan ook tydens hierdie geleentheid ’n paar verrassings te wagte wees. “En dit is iets wat feesgangers se sakke gaan raak,” het hy skalks geglimlag. “Maar op ’n positiewe manier,” het hy bygevoeg.

’n Feesterrein vol lekkertes, uitgesoekte produksies, ongelooflike kunsuitstallings, interessante boekgesprekke, uitstallers met uithalerprodukte en nog vele meer. Innibos 2014 gaan – soos al die ander jare – uit die boonste rakke wees.

Vind meer inligting hier.

En, kliek hier om een van vier Innibos-varkies te wen!

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top