Video: Robbie Wessels gesels met Laevelder oor die opspraak wat sy onlangse musiekvideo gemaak het

Robbie Wessels was weer 'n treffer by Innibos.

MBOMBELA – Robbie Wessels – Dié rakker kan mense laat skaterlag, maar jong hy weet ook hoé om ander die herries in te maak.

Die Leeuloop-sanger het onlangs wéér die sosiale media laat gons met sy splinternuwe musiekvideo op YouTube, All Blacks teen die All Blacks. In dié video word daar gespot met hoe die Springbokke in 2019 moontlik kan lyk en kapsie word teen die nuwe straatname in Pretoria gemaak.

Toe Laevelder die kunstenaar pols oor Max du Preez se kommentaar dat hy verdeeldheid saai en teen nasiebou is, was hy koel en kalm. “Ek wil nie te diep in dié tema ingaan nie en ek weet beslis te min van politiek af om ‘n opinie te lewer. As ek op dié manier mense kan laat lag kan dit nie te sleg wees nie, maar dit was nie my bedoeling om afbreek te maak nie.”

Die video is al meer as 81 000 keer gekyk en van die kommentaar lui dat dit briljant en fantasties is, maar daar is ook dié wat sê dat dit baie kommin is. “Jy is op ‘n goeie plek as jy besef dat nie al die mense van jou gaan hou nie en as jy daarmee vrede maak, is dit nóg beter. As jy jou hele lewe lank gaan probeer om almal ‘happy’ te hou, gaan dit blêrrie moeilik raak.”

Sy nuwe album, Als wat ek het, bevat ‘n hele paar lewenslesse en goeie tye as student soos koshuisverhale. “Hierdie is ‘n lekker energieke mengsel van musiek. Daar is ‘n paar ballades en hartstories oor die afgelope vyf jaar van my lewe.”

Wessels het sedert hy in 2002 sy verskyning as akteur gemaak het, heelwat ander rolle in 100m Leeuloop en Poena is Koning vertolk. Kan ons hom dalk een van die dae weer op die groot skerm sien? “Ek geniet dit ‘heavy’ om te ‘act’ – seker maar omdat ek drama studeer het. Ek hoop daar kom wéér ‘n film oor my pad.”

Innibos het verlede jaar sy 10de verjaarsdag gevier, en volgens dié 34-jarige groei dié fees van krag tot krag. “Toe ek Woensdag by die hekke inry, het ek net daardie gevoel gekry dat die lug met musiek gevul is. Ek het besef dat daar iets omtrent dié fees is wat ek gate uit geniet.”

Robbie Albert Wessels het Woensdagaand sy eerste en enigste optrede gehad, maar wil graag langer hier bly om te rus.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_small Autodealer.co.za
Top
Next Story x
Licensing saga still unexplained

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other