Die Waarsêer deur Barry van Rensburg – Resensie deur Paul Boekkooi, met foto’s en video

Die Waarsêer - innibos 2015 (10)

Met David Rees, Hannes Brümmer, Heidi Mollentze, Reynardt Slabbert, Corrienne Broomberg, Charlie Bouguenon, Anel du Plessis, Anna Davel e.a.

Regie: Elizma Badenhorst.

Afrikaanse debuutproduksies by kunstefeeste weerspieël die lewenskrag al dan nie van Afrikaans as taal vir die meer ernstige teatergangers, wie se harte en emosies aangeroer wil word deur oorspronklike temas, dramatiese stukrag en ‘n ervaring wat ‘n mens bybly.
Die Waarsêer van Barry van Rensburg val in dié kategorie van werke wat as bonus ook verteenwoordigend is van ‘n hoë mate van nostalgie wat bloot beteken dat dit ‘n vervloë tyd verteenwoordig waarna baie mense heimlik terugverlang – of hulle dit nou wil erken of nie.
Dit is egter geensins ‘n druipend sentimentele stuk nie. In ‘n groot mate dra dit eerder ‘n universeel menslike tema uit wat die wydste spektrum van lewenswaarhede ontgin en met die eenvoud van ‘n fabel of sprokie die kyker se bewussyn binnedring. Oor tyd spreek dit sy/haar gevoel rondom moraliteit, eerlikheid en talle ander waardesisteme aan, maar toor ook daarmee sodat dit speelgewys die gehoor meevoer.

Die Waarsêer is minstens ook ‘n antitese van slegs erns, want dié dramaturg weet hoe om op ‘n natuurlik spontane wyse humor en veral ook ironie in die stuk se ontwikkeling te vervleg en elke karakter daarin – en daar is baie – van totaal geronde, maar soms ook van eksentrieke persoonlikheidseienskappe te voorsien.

Op die reuseverhoog van die Nelspruit Stadsteater ontvou Kiewiet Williams se (ware) lewensverhaal in kort tonele. Die eksposisie word knap deur die regisseur en geselskap hanteer en die rol van Mater, wat as verteller in die stuk ons op hoogte hou van wat ons moet weet, bind ook van die tonele heg saam.

Dié ensemblestuk by uitstek ontlok fyn genuanseerde spel deur die geselskap, met David Rees veral oortuigend in sy moeilike taak om die dualiteit van Kiewiet deurlopend te suggereer. Elke karakter kom nestel by die kyker in ‘n minimum van tyd omdat die meerderheid akteurs reeds op Dinsdag se openingsaand voluit gefokus was.

Tipies van Barry se wye en natuurlike taalgebruik, is die talle hoogs idiomatiese uitdrukkings wat as vars en oorspronklik oorkom en heelwat vernuwing op ‘n skrywersvlak verteenwoordig.Die Waarsêer sal, wanneer dit in die loop van die week nog beter ingespeel is, tot die wydste gehoor moontlik spreek. Dit val ook in die kategorie van ideale gesinsvermaak, want die lewenslesse (wat terloops nooit soos lesse klink nie!) is iets kosbaars wat deesdae te midde van die oormaat aan vertaalde komedies en klugte in Afrikaans ervaar word.

Datum en tyd: Di 30 Jun 18:00,
Wo 1 Jul 10:00, Do 2 Jul 18:00,
Vry 3 Jul 10:00, Sa 4 Jul 16:00
Venue: eNuus Nelspruit Stadsteater
Tydsduur: 100 minute
Prys: R102, ondersteun deur Die Dagbreek Trust.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Remember dancing to these hits in the 1970s?

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other