Puma-spelers se baarde waai na slot terugkeer

Eduan saam met Elzette Kruger - fisio van StepMed
Eduan saam met Elzette Kruger - fisio van StepMed

MBOMBELA – Dit is onlangs afgeskeer met die dat die 1,98-meterhemelbesem terug by die huis is, maar indien hy weer ‘n rugbytrui oor sy kop trek, sal dit net genade van bo wees.

Die veteraanslot is terug in die Laeveld nadat hy sedert Junie in Pretoria vir Guillain Barré-sindroom behandel is. Dit, skaars twee jaar na dié 27-jarige vir die eerste keer vir die lewensbedreigende siekte opgeneem is.

“Om weer rugby te kan speel, is in my agterkop, maar of alles ten volle gaan herstel, sal net tyd leer. Ek het alles in die Here se hande geplaas. Dit is tog Hy wat my die geleentheid gegee het om die sportsoort te kan beoefen. Ek het vrede in my hart met wat die uitkoms op die ou einde gaan wees.”

Van der Walt was eers in die Unitas Hospitaal waarna hy na NetCare Irene oorgeplaas is. Hy het meer as 20 kilogram in die afgelope paar maande verloor. Hy was ‘n stewige 108. “Ek voel goed. Ek is nou in die diep kant gegooi om alles self te doen. My rug is nog seer en ek word gou moeg. My bene voel soms soos jellie, maar ek sien uit na die uitdaging.”

Wat sy gesigspiere betref, sukkel hy om eenvoudige letters, soos ‘p’ uit te spreek. Hy sukkel nog om self te eet en om homself aan te trek.

Eduan van der Walt.

Eduan van der Walt en Kelcie sy hond.

‘n Groot rugbyheld soos Joost van der Westhuizen wat met motorneuronsiekte gediagnoseer is, is een van die redes waarom Van der Walt nie moed verloor nie. “Ek word elke dag sterker. As ek in die oggende opstaan dink ek aan mense wat terminaal siek is. Soos byvoorbeeld Joost. As hy dit regkry om verbete vas te klou om gesond te word, wie is ek dan om ‘n verskoning te hê?

“Ek moet my gedagtes beheer – vrae soos: ‘Is hierdie swakheid wat ek voel die oefening van gister of is dit die simptome wat weer terugkeer?’ kniehalter my.

“As ek dit gaan doen, gaan dit my lewe nag maak.”

Vir nou is ‘n besoek twee keer ‘n dag aan die fisioterapeut ‘n moet om die spierstyfheid los te maak.

kelcie (Large)

Kelcie was tog te bly om sy pa te sien.

Van der Walt wil die gemeenskap vir hul gebede en ondersteuning bedank. “‘n Mens besef nie altyd hoe groot jou ondersteuningsnetwerk is nie. Selfs my huishulp is van groot waarde en laat my nie sommer goed op my eie aanpak nie.”

Lees ook: GB-sindroom trek Pumas se slot wéér plat

Steval Pumas sterspeler het wel Guillian-Barré siekte

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
tljaardsvlei (Small) skedonk
‘n Stukkie hemel op aarde tussen die denneplantasies