NHS beloon toegewyde leerlinge

MBOMBELA – Hoërskool Nelspruit (NHS) se akademiese prysuitdeling was weereens ‘n hoogtepunt op die skoolkalender. Die aand het aan die leerders behoort wat toekennings ontvang het vir hul prestasies op akademiese gebied sowel as veelsydigheid van deelname op ander terreine.

Graad 12-leerders Inge Schmidt is as die dux aangewys vir haar gemiddeld van 93 persent. Sy het in Afrikaans en Wiskunde Akademie die beste in die graad bevaar.

Die Hoof se Toekenning, wat jaarliks ‘n leerder wat ‘n verskil maak in ander Nellies se lewens vereer, is aan Christi Kruger toegeken.

Sy het geleenthede aangegryp, probleme en teleurstellings as uitdagings ervaar, uitgestyg bo gegewe omstandighede en Nellie-Guts gewys as ‘n ware beelddraer van NHS.

Christi Kruger.

Christi Kruger.

Sy is ook as die mees veelsydige leerder aangewys vir haar akademiese erekleure (met ‘n gemiddeld van 90 persent), sowel as erekleure in leierskap, berokkenheid en dienslewering.

Die skool se kultuurspersoonlikhede is ook onlangs aangewys. Onder die senior dogters het Henrike Nel uitgeblink by die Nelspruit Eistedfod deur die A++ simbole en ‘n A+ te verwerf. Sy het ook twee diplomas by die Ehlanzeni Eistedfod verwerf en was die itemwenner vir prosa in Mpumalanga onder Graad 10’s. Verder kon sy ‘n goue en twee platinum medaljes wen by die Suid-Afrikaanse Talentkampioenskappe in Oktober verlede jaar.

Shan-Rich Lemmer het homself onder die senior seuns onderskei deur twee A++ en drie A+, ‘n goue en ‘n silwer sertifikaat by die Nelspruit Eisteddfod in te palm. Hy het ook tweede gekom in die Nasionale Redenaarskompetisie.

Lusanti Brundyn is as die junior dogter kultuurspersoonlikheid aangewys nadat sy met goud beloon is in haar ouderdomsgroep tydens die nasionale Philli Moore musiekkompetisie. By die Nelspruit Eisteddfod het sy ‘n A++ verwerf. Sy is verder in die Simfonia Juventi jeugorkes opgeneem waar sy in die eerste vioolgroep gespeel het, ‘n uitsonderlike prestasie.

Gerhard van der Merwe se deelname aan die Kletserredaksie en skoolrevue het bygedra tot sy insluiting as junior seun. Hy het ook by die Nelspruit Eistedfod vier A++ en twee A+ simbole verwerf en twee diplomas by die Ehlanzeni Eistedfod. Hy was in die semifinaal van die ATKV Debat en redenaars en die nasionale wenner in Radikale Redenaars aan die einde van verlede jaar.

Top 10 per graad op akademiese gebied:

Inge Schmidt.

Inge Schmidt.

Graad 12:

1. Inge Schmidt 93%

2. Milan van Veenhuyzen 92%

3. Armandt de Wet 91%

4. Jaco Luus 90%

4. Meiring Kieviet 90%

6. Christie Kruger 90%

7. Stefan Louw 89%

8. Magdalie Ferreira 89%

9. Elsje Malan 87%

10. Anke Marais 87%

Jané de Vos.

Jané de Vos.

Graad 11:

1. Jané de Vos 93%

2. Tersia Steyn 92%

3. Christiaan van Biljon 90%

3. Henrike Nel 90%

5. Johan Coetzer 90%

6. Marinda Potgieter 90%

7. Yvona Louw 89%

8. Janke Schreiber 89%

9. Franzél Gruber 88%

10.Marli Malan 87%

Emile Pëtersen.

Emile Pëtersen.

Graad 10:

1. Emile Pëtersen 95%

2. Zané Maritz 89%

3. Pierre Taljaard 89%

4. Cecelia van Zyl 88%

5. Melandi Lourens 88%

6. Ziska Van Dyk 87%

7. Simoné Vosloo 87%

8. Mia Erasmus 86%

9. Chanel Mattheus 86%

10. Ivanke Swart 84%

Theo van der Westhuizen.

Theo van der Westhuizen.

Graad 9:

1. Theo van der Westhuizen 94%

2. Josie Millar 94%

3. Kees-Piet Barnhoorn 93%

4. Rudolf Henning 92%

4. Liesl Hartley 92%

6. Theresa-Louise Brink 91%

7. Paul Rheeder 91%

8. Gerhard van der Merwe 91%

9. Ruben Helberg 91%

9. Lusanti Brundyn 91%

Suzanne Bothma.

Suzanne Bothma.

Graad 8:

1. Suzanne Bothma 95%

2. Carli Kilian 95%

3. Mariska Taljaard 94%

4. Mia Schmidt 94%

5. Margo Meyer 94%

5. Mignon Joubert 94%

7. Paul-Hendri van der Merwe 94%

8. Clarissa Potgieter 93%

9. Jessica Leicester 93%

10.Jeanne Joubert 92%.

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Warm harte sorg vir vol spense

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other