Kleuterskole – wat elke ouer moet weet

Is jou kind gelukkig by die kleuterskool?

MBOMBELA – Om jou hart se punt kleuterskool toe te stuur, is ‘n groot storie. Daar is ‘n magdom vrae wat ouers oorweldig wanneer hulle moet kies watter kleuterskool die regte een vir hulle kind is. Plaaslike kleuterskoolonderwyser me. Marlien du Toit het met Laevelder oor dié belangrike besluit gesels.

“Baie faktore speel ‘n rol wanneer ‘n kleuterskool gekies word. Soek ouers na ‘n vol- of halfdagskool? ‘n Kleuterskool of speelgroepie? Is sorg tydens skoolvakansies ook nodig?” ‘n Kind ontwikkel baie tydens sy kleuterjare, wat hierdie keuse ‘n baie belangrike een maak.” Daar is boonop talle regulasies waaraan hierdie skole moet voldoen. Kleuterskole moet by die gesondheidsdepartement en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geregistreer wees. ‘n Sertifikaat word deur die departement as bewys hiervan uitgereik.

Laevelder het die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se vereistes geraadpleeg en uitgevind watter reëls vir kleuterskole en dagsorgsentrums geld.

• Personeel werksaam by sulke sentrums moet tussen 18 en 60 jaar oud wees en medies geskik wees om met kinders te werk.
• Kinderoppassers moet eerstehulp onder die knie hê.
• Waar kinders tussen nul en 18 maande oud is, moet daar een oppasser vir elke ses kinders wees.
• Vir kinders tussen die ouderdomme van 19 maande en drie jaar, word een oppasser vir elke 15 kinders vereis.
• ‘n Verhouding van een oppasser vir elke 25 kinders geld vir kinders tussen drie en ses jaar oud.
• Daar moet een en ‘n halwe vierkante meter beskikbaar wees vir elke baba en twee vierkante meter per kleuter.
• So ook moet daar buitemuurse speelplek van een vierkante meter vir elke kind op die perseel wees. Dit geld vir die eerste 30 kinders.
• Waar die skool meer as 30 kinders het, kan hulle in groepe van 30 op ‘n slag van die buitemuurse speelarea gebruik maak.
• Waar ‘n buitemuurse terrein nie beskikbaar is nie, kan die kinders onder toesig in ‘n veilige openbare park gaan speel. Alternatiewelik kan ‘n bykomende vierkante meter vloerspasie binnenshuis vir elkeen beskikbaar gestel word.
Ander bepalings rakende fasiliteite by hierdie sentrums, sluit in:
• Daar moet een toilet en wasbak vir elke 20 kinders wees.
• Waar klein kindertjies nog potjies gebruik, moet daar vir elke vyf kinders een potjie wees.
• Babasorgsentrums en crèches moet doeke en potjies kan steriliseer en ‘n werkoppervlak hê waar doeke geruil kan word.
• Die kombuis moet van alle ander fasiliteite afgesonder wees.

Du Toit stel voor dat ouers, bo en behalwe die regulasies, ook die karakter en beleid van die skool in ag neem. “‘n Skool se inskakelingsbeleid is belangrik en ouers moet vra: ‘Hoe gaan die skool my kind laat inskakel sodat hy/sy gelukkig sal wees?'”

Volgens Du Toit is die personeel se geesdrif en passie baie belangrik. ‘n Kleuterskool moet ‘n leerplan volg wat kinders aanmoedig om onafhanklik te leer en moet volgens haar, ook tyd maak vir aktiwiteite saam met onderwysers. “‘n Kleuterskool moet ‘n dagprogram hê – roetine is belangrik.”

Volgens Du Toit is kommunikasie tussen die kleuterskool en die ouer ook van kardinale belang. “Die twee vul mekaar aan. Hulle moet een kies waaroor hulle positief voel sodat die skool en die ouers mekaar ter wille van die kinders se beste belange kan ondersteun.”

  AUTHOR
Helene Eloff
Court Reporter

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
KLCBT members reflect on successful year

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other