Liggaamsbouer steeds ‘n wenner

DSC_0086 (Medium)

Sy laaste kompetisie was die wêreldkampioenskappe in 2011 in Vienna, Oostenryk waar hy en sy vrou, Mariska in die paar-afdeling ‘n tweede plek gekry het. “Ek was daardie jaar ‘n beoordelaar by die nasionale kampioenskappe en was oorspronklik nie vir die SA span gekies nie. Na afloop van die kompetisie het die destydse president van liggaamsbou Suid-Afrika, Tommy du Randt my genader en gevra of ek nie bereid sal wees om aan dié afdeling deel te neem nie.”

Met sy skitterprestasie tydens die wêreldkampioenskap in Philadelphia, Amerika was hy in 2005 as Laevelder se Sportpersoon vir Desember aangewys. Hy het ‘n algehele tweede plek in o/75kg-kategorie behaal. Hy het reeds in 2001 sy nasionale kleure verwerf en aan die wêreldkampioenskappe in Frankryk deelgeneem.

In 2006 het hy aan sy laaste liggaamsboukompetisie in Monte Pellier, Frankryk in die 85- tot 95kg-kategorie deelgeneem waar hy ‘n vyfde plek verower het. “Na die kompetisie het ek liggaamsbou eenkant toe geskuif en met spierbou-model begin. Die dieët was nie so streng op my liggaam nie.”

Sy eerste proe aan dié kategorie was in 2008 by die wêreldkampioenskappe in Miami, Florida. Hy het ‘n tweede plek ingeneem. “Ek en Mariska het daardie jaar die paarafdeling gewen. Om dit saam te kan doen, moet ons mekaar aanvul en mekaar komplimenteer.”

Na die koms van hulle tweede baba, het hulle eers begin afskaal, maar Johan help graag waar hy kan om atlete soos Chrisanne Liebenberg en Lucky Nkosi in topkondisie te kry. Die twee het in 2015 tydens die Wêreld Fiksheidvereniging se wêreldkampioenskappe onderskeidelik ‘n tweede en ‘n vierde plek verower.

Beplan hy ooit om ‘n herverskyning op die verhoog te maak? “Beslis! Ek hou my liggaam aan die gang en ek probeer om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf. Ek sukkel as ek nie ‘n doel voor oë het nie. Ek voel jonk in gees en terwyl ek dit nog kan doen, waarom nie?”

Mits hy nie in die gimnasium is nie, speel hy graag saam met sy broer, Braam, gholf. Hulle het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Laeveld-voorgeeliga gewen en vanjaar vir die eerste keer die Mpumalanga-liga.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top