Hoërskoolseun stuur skokfoto’s vir ma van drie

Beeld is digitaal saamgestel uit van die foto’s wat aan die vrou gestuur is.
Beeld is digitaal saamgestel uit van die foto’s wat aan die vrou gestuur is.

MBOMBELA – ‘n Sewentienjarige seun wat tot onlangs nog by ‘n vooraanstaande skool in die stad was, is gisteroggend by die polisie verkla nadat hy na bewering ‘n getroude vrou en ma seksueel geteister het.

Die kind het Saterdagoggend vroeg vyf pornografiese foto’s en suggestiewe boodskappe aan die vrou (36) gestuur. Laevelder het dit gesien.

“Dit was 04:00 toe my selfoon die eerste keer gepiep het,” het die vrou vertel. Sy sê dat sy haar boeglam geskrik het toe sy die boodskap van ‘n vreemde nommer af oopmaak. Daar was ‘n grys en wit foto van ‘n man wat orale seks op ‘n vrou toepas.

Dit was maar die eerste van vyf eksplisiete pornografiese foto’s wat oor die volgende ses uur na haar selfoon toe gestuur is. “I wanna do bad things to you,” het nog ‘n boodskap verklap.

“Ek ken nie sulke goed nie,” het sy gister ontsteld opgemerk. “Ek was in gr. 11 toe ek my man ontmoet het en is steeds met hom getroud. Ek is ‘n ma van drie seuns. Dat iemand so iets kan doen, is vir my vreemd en walglik. As hierdie outjie vir my sulke perverse goed oor ‘n selfoon kan stuur, sidder ek om te dink wat hy in die regte lewe aan iemand kan doen.”

“Om sulke goed op jou selfoon te ontvang is aaklig. Ek voel so geskend,” het sy bygevoeg. Sy het eers nie geweet waar die boodskappe vandaan kom nie. Die WhatsApp- profielfoto van die versender was haar enigste leidraad.

“Ek het na ‘n ruk onthou dat ek die kind in 2015 by ‘n Bobby van Jaarsveld-vertoning ontmoet het. Hy wou vir ‘n foto saam met die sanger poseer en ek was die naaste bystander wat vir hom ‘n foto met my selfoon moes neem. Ek het dit vir hom gestuur en sy nommer uitgevee,” het sy gesê. Sy het nooit weer met hom kontak gehad nie.

‘n Vriendin het haar gehelp om die seun se identiteit met behulp van Facebook vas te stel. “Hy poseer so ewe op sy dekfoto in sy skool se rugbydrag.” Alhoewel hy in 2015 ‘n gr. 11-leerling by die skool was, het dié se skakelbeampte bevestig dat hy die skool sedertdien verlaat het.

Die vrou se man en haar pa was glo briesend en het gisteroggend by die skoolhoof gaan aanklop, waar hulle verneem het dat hy nie meer daar skoolgaan nie. “Waar hy hom nou bevind, weet ons nie,” het die skakelbeampte gesê. Die vrou sou gisteroggend ‘n saak van seksuele teistering by die polisie aanhangig gemaak het.

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Kgathi-Picture-800-x-533
Hot action lined up for Provincial Winter Games finals