Reuse luislang in Steiltes gevang

Die reuse luislang.
Die reuse luislang.

MBOMBELA – ‘n Egpaar van Hillside Manor in Steiltes kon hulle oë nie glo toe die spreekwoordelike “slang in die gras” Woensdagaand letterlik gestalte gekry het nie – reg in hulle agterplaas.

Mnr. Faber van der Westhuizen vertel dat toe hy Woensdag omstreeks 19:45 by die huis aangekom het, sy vrou hom grootoog ingelig het van ‘n reuseluislang buite in hulle tuin. “Sy het nog beduie, hy was net daar, toe sê ek verbaas, hy is nog steeds daar.”

Hy het op ‘n veilige afstand foto’s van die reptiel geneem en mnr. Barend Bloem, ‘n bekende plaaslike slangvanger, ontbied. Bloem was vinnig op die toneel en het die knewel gevang. “Dit is uiteraard makliker om ‘n luislang te vang as ‘n ratser mamba,” het hy gesê. “Ek het die slang gesien, bekruip en toé so gegryp dat ons albei veilig sou wees,” het hy verduidelik.

Lees ook: G’n slang maak hierdie man bang

Hy het bevestig dat die slang ‘n manlik bielie van 2,95 was. “Ek dink hy is sowat nege jaar oud,” het hy bygevoeg. Bloem het die slang op ‘n plaas op die pad na Kaapsehoop gaan vrylaat.

“Ek het toestemming van ‘n boer daar om nie-giftige reptiele op sy plaas vry te laat.” Bloem het verduidelik dat hy verskillende slange in verskillende gebiede hervestig.

Lees ook: Hondjie beland in slang se wurggreep

 

Hy het verlede jaar 259 in die omgewing gevang en hervestig en het sedert 1 Januarie vanjaar reeds 33 verwyder.

“Dit was reeds my vierde luislang hierdie jaar.” Hy het bygevoeg dat luislange nie ongewoon in die Steiltes-omgewing is nie.

  AUTHOR
Nicolene Smalman
News editor

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
IMG_3446
Woman survives deadly black mamba bite