Man bekend met sy aanvaller – dié steeds op vrye voet

Mnr. Craig Scott met die koeël wat hy in sy huis gekry het.
Mnr. Craig Scott met die koeël wat hy in sy huis gekry het.

MBOMBELA – ‘n Man wat aan die einde van Februarie op sy plaas buite die stad aangeval is, ken een van sy aanvallers by die naam, maar kry glo geen hulp van die plaaslike polisie af nie.

Mnr. Craig Scott sê die voorval het meer as twee weke gelede gebeur, maar hy sit steeds sonder ‘n saaknommer.

Omstreeks 23:30 het Scott en twee van sy vriende gesit en ontspan toe sy Jack Russell skielik opgespring en begin blaf het. Sekondes later het drie gewapende mans ingestorm. Twee rowers was met pistole gewapen, en die ander met ‘n koevoet.

Scott sê hy het dadelik die mans probeer oorval en een by die deur uitgegooi, waarna talle skote op hom geskiet is. Hy onthou hoe ‘n vierde koeël hom in sy knie getref het – een van agt skote. Dit was net ‘n vleiswond.

‘n Poging deur een van Scott se vriende om die boosdoener met ‘n stok te probeer afweer, was tevergeefs, hoewel hy daarin geslaag het om die rower te beseer.

‘n Pistool teen Scott se kop het hom met geen ander keuse gelaat, as om weerloos toe te kyk hoe sy huis geplunder word nie. Hy het daarin geslaag om by die deur uit te duik, waarna sekuriteitsbeamptes die verdagtes die skrik op die lyf gejaag het en hulle het gevlug.

Hy is die volgende oggend by Rob Ferreira Hospitaal behandel en die koeël is verwyder. Hy hou vol dat hy die huis se deure gesluit het, maar met sy terugkoms was hulle weer wawyd-oop.

Hy vermoed die boosdoeners het na die toneel teruggekeer om bewysstukke te verwyder. Een daarvan wat nie verwyder is nie, was ‘n koeël wat in Scott se stoel agtergebly het.

Bo en behalwe dié bewyse, is hy bekend met een van die aanvallers nadat sy sekuriteitswagte hom herken het as Richard, ‘n inwoner van Mataffin. ‘n Informant het getuig hoe die ene Richard glo die volgende oggend Scott se besittings in Mataffin probeer verkoop het.

Scott het vermoedelik dieselfde verdagtes onlangs by Roman’s Pizza gesien. Hy het dit by die polisie aangemeld en hulle het op die vlug geslaan. Die verdagte is glo al vantevore vir huisbraak en poging tot moord toegesluit, maar is blykbaar op borg vrygelaat.

Volgens polisiewoordvoerder kapt. Dawie Pretorius, is die saak die volgende dag aangemeld en word dit wel ondersoek. Hy het volgehou dat die forensiese eenheid en die bystand-speuroffisier op die toneel was om bewysstukke te versamel.

“Die projektiel wat uit Scott se been verwyder is, is aan die polisie se forensiese eenheid oorhandig om te ondersoek,” het Pretorius gesê.

  AUTHOR
Stefan de Villiers
Journalist

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Foto slegs vir illustrasie.
Man skiet aanvaller dood na sy terugkeer vanaf Innibos