Damvlakke kwel nog ondanks reën

Waterlevels_10277

MBOMBELA – Met die knellende droogte wat voortduur, hou boere voortdurend voorspellings dwarsoor die wêreld dop vir ‘n brokkie goeie nuus ondanks die onlangse reën.

Luidens die jongste verslag deur Nasa vertoon die El Niño nog steeds ‘n sterk teenwoordigheid, alhoewel dit geleidelike verswakking met die naderende herfs en ‘n neutrale posisie met die aanbreek van winter aandui. Laevelder het vroeër vanjaar berig dat alhoewel buitenormale reënval voorspel word, bo-normale reënval gedurende laat herfs en vroeë winter verwag kan word, wat volgens kenners ‘n goeie basis kan vorm vir noodsaaklike grondvog.

Die onlangse sporadiese reën in die Laeveld het maar min, of geen effek op die huidige droogte gehad nie. Dit kan gesien word in die damvlakke wat steeds onrusbarend laag is. Dinsdag was die gemiddelde waterinhoud van al die damme in die Laeveld 60,2% vol, wat ongeveer 30% laer is as die ooreenstemmende syfer van 90% verlede jaar. Met die laat somerreën wat in groot dele van die land val en voorspel word, sal die inhoud van damme hopelik beter begin lyk.

In vergelyking met verlede jaar, is die Laeveldse damme gemiddeld 30,5% laer as in 2015. Die damvlakke soos vroeër die week gemeet, dui dat Blyderivierpoort-dam 59,4% vol is, Da Gama 58,9%, Driekoppies 44,6%, Inyakadam 64,3%, Klipkoppie 45%, Longmere 66,3%, Loskop 56%, Nooitgedacht 67,3%, Primkop 27,7%, Vygeboom 67,2% en Witklip 41,1%.

Die afgelope week se reën het dié damme slegs met 3,1% laat styg. Luidens ‘n verslag deur AgriSA het meeste van die reën wat geval het, verlore gegaan weens verdamping as gevolg van die daaropvolgende hitte.

Lees ook: Droogte dreig dalk om vloede te bring

  AUTHOR
Stefan de Villiers
Editor

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
driekoppiesdam
Update on the latest Lowveld dam levels