Oplettende polisielede slaan ‘n slag

Sersante Selby Malatji en Nomsa Nkosi van die Nelspruit Blitspatrollie het ‘n beraamde R40 000 dagga gekonfiskeer na ‘n roetine stop-en-soek-ondersoek vanoggend op die N4-brug op die R40 na Witrivier. Die pakkies was in die deurpanele versteek.

MBOMBELA – Meer as ‘n beraamde R40 000 se dagga uit Swaziland is vanoggend op die N4-brug op die R40 na Witrivier deur Sersante Selby Malatji en Nomsa Nkosi van die Nelspruit Blitspatrollie gedurende ‘n roetine stop-en-soek-ondersoek gekonfiskeer nadat twee verdagtes in ‘n blou Audi van die pad afgetrek is.

Die twee verdagtes is middeljarige mans sonder paspoorte wat vanaf Malelane na Nelspruit op pad was. Die een is van Poolse afkoms. Beide het weerstand gebied toe hulle in hegtenis geneem is. Die een verdagte het Sersant Nkosi ‘n omkoopbedrag van R 400 aangebied om hom te laat gaan.

Die 36 pakkies Graad 2-dagga was in die deure van die motor versteek. Die motor is by die Nelspruit Polisiestasie stuk vir stuk deurgesoek en uitmekaar gehaal om die pakkies dagga te vind. Die pakkies was in die deurpanele en agter die luidsprekers versteek.

Beide sal aangekla word vir die onwettige besit van dagga sowel as handel in dagga en sal Vrydag voor die hof verskyn.

  AUTHOR
Elize Parker
Environmental Journalist Lowvelder

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
VIDEO: Hondeheld gegaffel deur koedoe terug by wildtuinwerk