Laerskool Nelspruit vier ‘n 100 jaar

Mnr. Adé Adendorff, mnr. Arrie Henn, en (agter) mnr. Johann Hattingh.

MBOMBELA – Laerskool Nelspruit het hierdie week hul eeufeesviering op ‘n unieke manier gevier. Die hoof, mnr. Arrie Henn het Maandag 11 April, tydens die skool se feesvieringe, ‘n kapsule by die skool se ingang begrawe wat oor 25 jaar weer opgegrawe sal word.

Die inhoud sluit die huidige skool- en atletiekklere, Nellies-aandenkings – ‘n 100-jaar gedenkwyn, pen- en potloodstel, paviljoenkussing en ‘n das in, asook ‘n klaslys van elke graad en klas met elke leerling se naam daarop, ‘n personeellys en -foto, ‘n Laevelder, ‘n brief van die hoof, tradisielys, medaljes van vanjaar se interlaer wat Nellies aangebied het asook ‘n rugby- en netbalbal.
“Ons sê hiermee vir die hoof van 2041, hier is vir jou ‘n pakkie wat jy en jou personeel kan oopmaak en kan sien wat ons in 2016 gedoen het,” het Henn gesê.
In nog ‘n simboliese gebaar, is ‘n kremetartboompie geplant.

Die laerskool het in 2012 ‘n kremetart-boom aan Hoërskool Nelspruit ter viering van sy 60ste bestaansjaar geskenk. Die boom is voor die kantoorgeboue langs die parkeerterrein geplant. Vanjaar was dit NHS se beurt om aan sy “kleinboet”, Laerskool Nelspruit, ‘n kremetartboom te skenk.

Dr. Louis Swanepoel, hoof van NHS het gesê: “Laerskool Nelspruit verteenwoordig die stam, en die twee vertakkings wys daarop dat NHS in 1952 uit die stam van Laerskool Nelspruit gegroei het. Die laerskool groei steeds voort, maar gesamentlik langs Hoërskool Nelspruit. Ons deel steeds dieselfde wortels en waardes, maar op afsonderlike gebiede in die onderwys en opvoeding van ons jeug.

NHS sê geluk aan Laerskool Nelspruit met sy 100ste verjaarsdag. Dit is ‘n voorreg om die puik werk wat julle doen, in ons kinders se sekondêre fase voort te sit.”

Die jong kremetartboompie, afkomstig van die plaas Daarbo Boerdery in die Mara-gebied naby Karino, is 15 jaar oud en pronk by Laerskool Nelspruit se ingang.

‘n Olieverfskildery van ‘n boom is ook deur NHS aan Laerskool Nelspruit geskenk en is deur Nic van Rensburg geskilder wat in sy jeug ook op die skoolbanke van beide die laerskool en Hoërskool Nelspruit gesit het. Die skildery het dieselfde simboliek as dié van die boom, maar die takke simboliseer ook ander laerskole wat uit Laerskool Nelspruit gegroei het.

Die twee fisante op die pad verteen-woordig die skoolhoofde, mnr. Arrie Henn en dr. Louis Swanepoel. Beide is klein in vergelyking met die boom, maar doelgerig en vasberade om die pad saam vorentoe met passie en trots vir die kinders se toekoms aan te durf.

Die tak wat voor die boom afgeval het, verteenwoordig al die geliefde oud-Nellies wat ‘n positiewe rol in die opbou van die twee skole se sterk karakter gespeel het, en wat ‘n verskil gemaak het en nie meer vandag met ons is nie.

Die tak wat in die pad lê, dui daarop dat dit mense was wat ‘n invloed gehad het en ‘n rol in Nellies se pad vorentoe gespeel het.

Lees ook: Nellies se atlete pronk op die baan en veld by interlaer

Mnr. Adé Adendorff, adjunkhoof skryf:
Op ’n pragtige herfsoggend, presies op dag en datum 100 jaar gelede, het mnr. AF van Zyl die deure van Laerskool Nelspruit op 11 April 1916 geopen met 21 kinders in ’n sinkgeboutjie – in die hartjie van Nelspruit.
Laerskool Nelspruit vier 100 jaar van onderrig en opvoeding in die Laeveld saam met ’n gemeenskap wat ons gedra het deur dik en dun. Ons is waar ons is omdat daar oor die eeu mense is wat ons droom deel om gebalanseerde kinders te ontwikkel deur hulle toe te laat om hul Godgegewe talente te gebruik en hul potensiaal te verwesentlik.
Ons 100ste verjaarsdag is een van die geleenthede op die Nellie-kalender wat nog vir ‘n baie lang tyd oor gesels gaan word en ’n dag wat vir ons kinders, ouers en personeel soos ’n paal bo water staan as die beste Nellie-verjaarsdag ooit.
NHS het die personeelkamer besoek en met hulle koor twee pragtige liedere voorgedra waarna dr. Louis Swanepoel ’n groete-boodskap van die NHS-ouers, -kinders en -personeel gebring het. Ons is op die koop toe die twee pragtige geskenke verras.
Die feesvieringe is afgeskop met ‘n heerlike ontbyt by McDonald’s, die skool se vlae is gehys, ‘n boodskap is oorgedra deur ds. Anru Liebenberg (‘n voormalige leerling), ‘n vertoning deur die skool se rasieleiers en sewe bome is langs die veld geplant.
Net toe ons dink die kinders gaan moeg wees en dalk nie opdaag vir die kattebakbraai en insitfliek nie – toe stroom u as ouers letterlik ons terrein binne en maak ons die veld kant en wal toe met Nellies wat kom feesvier.
Ons het in die laaste 100 jaar nie ’n partytjie gehad wat in omvang sy gelyke het nie. Ons het voorsienning gemaak vir miskien twee rye motors vir die kattebakbraai – u as ouers het nie net ons stoutste verwagtinge oortref nie – u het ons aangenaam verras met die fenomenale opkoms. Daar was meer as 2 000 Nellies bymekaar en ons 100 jaar is met akklammasie gevier! Die heerlike geur van die braaivleisvure het regdeur die dorp gewaai. Simbolies van ons verantwoordelikheid om as gelowiges ’n aangename geur van die lewe te versprei en iets waarvoor ons as Nellies onsself die afgelope 100 voor beywer.
Ek dink dit sou verwaand wees om te probeer voorspel wat voor ons is. Ons moet dit egter onomwonde vir mekaar kan sê: Ons het ‘n skeppende rol om te vertolk, ons moet aanhou beweeg en “geraas” maak, ons moet ons bediening verstaan en ons roeping uitleef.
Dat die onderwys besig is om eksponensieël te verander is duidelik uit dit wat besig is om met en rondom ons te gebeur in die wêreld. As ek my uitstrek na dit wat voor is, voorsien ek ‘n onderwysmodel waar daar geen grense in enige dimensie bestaan nie. Ons volgende eeufees gaan drasties verskil van hierdie een.
As iemand dit nog nie vandag vir u gesê het nie dan is dit my voorreg – ons as onderwysers bevind onsself in die wonderlikste en edelste beroep denkbaar! Dankie dat u ons vertrou met die onderrig en opvoeding van u kosbare kinders! Baie dankie vir die wonderlike simbiose tussen ons as personeel en u as ouers!

‘n Bietjie van die skool se geskiedenis:
Laerskool Nelspruit is amptelik geopen op 11 April 1916 met 20 ingeskrewe leerlinge. Op 18 April 1922 is mnr. DJJ Boshoff as die eerste permanente skoolhoof aangestel. Sedert daardie vroeë jare het die skool die wel en weë van die Laeveld meegemaak. Malaria het soms so kwaai gewoed dat kinders en personeel siek was en die skool vir tot ses weke gesluit moes word. Die gebou is soms gedurende vakansietye as hospitaal gebruik vir bilharzialyers in die Laeveld. In 1933 het die skool toestemming verkry om kinders tot st. 8 op te lei en aan die einde van 1934 kon hulle spog met 11 leerlinge uit 12 wat in die junior sertifikaat-eksamen geslaag het. Die skool het toe uit 180 leerlinge bestaan. In 1948 is ‘n nuwe koshuis geopen met ‘n total van 200 kinders. Op 16 Februarie 1948 is mnr. ACF Whiteman as nuwe hoof aangestel.
Gedurende die derde kwartaal in 1952 het twee nuwe skole hulle deure geopen waarvaan een ‘n ten volle funksionele hoërskool met 335 leerlinge, en ‘n laerskool met 599 was. Mnr. JCE Fölscher word Januarie 1957 die nuwe hoof. Die groei van die skool was fenomenaal.
Op 22 Junie 1959 oorskry die leerlingtal weer die 1 000-kerf. In 1961 word die swembad in gebruik geneem en in 1963 word die opening van die nuwe skoolsaal deur mnr. AJ Koen waargeneem. Die saal word na Fölscher vernoem.
Die skool bied parallelmedium onderrig aan tot op 7 Januarie 1966 toe die Engels-sprekende leerlinge hulle eie skool, Nelspruit Primary, betrek. Voor hierdie in gebruikneming van die Engelse skool het die getalle op ‘n stadium op 1 395 gestaan. Die Nellies was toe die grootste laerskool in die land. Na die afstigting was daar nog steeds 1 117 Afrikaanse leerlinge.
Daar was 1 224 ingeskrewe kinders in Laerskool Nelspruit in 1967. In 1970 is nog ‘n Afrikaanse laerskool uit Laerskool Nelspruit gestig. Laerskool Bergland het sy deure oopgemaak met mnr. FJ Coetzer as hoof. Ook in 1982 is ‘n verdere Afrikaanse skool, Laerskool Laeveld uit Laerskool Nelspruit gestig. Mnr. DA Barnard word aangestel as nuwe hoof van Laerskool Laeveld.
Laerskool Nelspruit is vanjaar weereens die grootste laerskool in the Laeveld met 1 112 leerlinge van gr. 1 tot 7 en 355 leerlinge in die Nellie Miere.

  AUTHOR
Stefan de Villiers
Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Nellies se sportsterre steek hande op

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other