Skoonlief en Vuilbaard: Oor manlike chauvinisme

Jare terug het ek vroueregte as vak geneem. Dit was ʼn lywige nagraadse vak en ek het gedink ek is baie oulik. Ek het myself immers in my vroeë twintigs as me. Feminis Galore beskou.

Vroueregte blyk toe nie so oulik te wees nie. Ek moes honderde filosofiese artikels deur GROOT, internasionale feministe in moeilike Engels deurwerk en memoriseer. En as ek sê “feministe”, bedoel ek grootliks “mannehaters”.

Ek het vinnig besef dat ek nie ʼn feminis is nie. Ek is bloot ʼn vrou. So geskape en so gelaat staan.

Dit beteken egter nie dat ek ʼn onderdanige sukkelaar is nie. Nog minder beteken dit dat my toleransie vir manlike chauvinisme hoog is.

Manlike chauvinisme.

“Male chauvinism – the beliefs, attitudes, or behaviour of male chauvinists (men who patronize, disparage, or otherwise denigrate females in the belief that they are inferior to males and thus deserving of less than equal treatment or benefit).” (www.dictionary.com)

Een middag vroeër hierdie jaar bevind ek myself in ʼn spreekwoordelike “man cave” in ʼn formele, belese gesprek oor ʼn vuurwarm onderwerp – die enigste hen onder die hane. En net daar word ek effe onverwags gekonfronteer deur manlike chauvinisme.

Die tekens is meermale eerder genuanseerd as blatant. Dit is soos ʼn stink wat dik en dormant in die lug hang en in klein gebare manifesteer. Ander mans, byvoorbeeld, tel dit dikwels glad nie op nie.

Enkele voorbeelde:

Almal, behalwe ek, word met die hand gegroet. My naam word skynbaar vergeet en ek moet dit twee maal herhaal voordat dit vassteek. Liezel. Liezel. Ek word oorgeslaan in die volgorde van bekendstelling, maar kry darem laaste ʼn kans: “En wie is jy, jong?” Maklike konsepte word sonder dat ek vra breedvoerig en in eenvoudige taal aan my verduidelik – so asof my begripvermoë onderskat word.

En dan spring die leeu uit: Ek maak ʼn moeilike stelling waarvan die alfamannetjie aan die oorkant van die tafel nie hou nie. Hy kom regop in sy stoel waarin hy tot dusver verveeld gehang het en plaas sy twee vlesige hande vierkantig op die tafel. Dan leun hy vorentoe – sy kennebak net 18,5 cm bo die tafelblad. Meneer Vuilbaard kyk my vierkantig in die oë en verduidelik breedvoerig in verhoogde desibels waarom ons twee nooit ooit óóít oor die onderwerp sal saamstem nie.

Wat kan ek doen? Ek kyk maar terug. Sê niks. Woorde is kosbaar en moenie gemors word nie – min of meer soos water.

Met sy volgende spreekbeurt stem hy ook nie met ʼn ander mán om die tafel saam nie. Sy houding bly gemoedelik en sy stemtoon eweredig lig. Hy klink selfs jammer dat hy en die ander ou nie uit een bak eet nie.

Wikipedia gee interessante moontlike redes vir manlike chauvinisme:

“Male chauvinism was found to represent an attempt to ward off anxiety and shame arising from one or more of four prime sources: unresolved infantile strivings and regressive wishes, hostile envy of women, oedipal anxiety, and power and dependency conflicts related to masculine self-esteem. Mothers were more important than fathers in the development of male chauvinism, and resolution was sometimes associated with decompensation in wives.”

Laat ʼn mens dink, né?

Laaste gedagtes:

Ek kry eintlik baie min met manlike chauvinisme te doen. Die meeste mans is vriendelik, gemoedelik en behandel vroue respekvol en op gelyke vlak. Dit steek ook nie sommer op sosiale vlak kop uit nie, maar eerder in konferensiekamers.

In die tweede plek stuit die teendeel, vroulike chauvinisme (dalk ekstreme feminisme?), my ook teen die bors. Maar dit is ʼn onderwerp waaroor ʼn man eerder moet skryf…

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Reader’s Letter: Treat customers with respect

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other