‘n Berg met baie stories

Ons ken almal die indrukwekkende Legogote berg tussen Hazyview en Witrivier. Aan sy oostekant lê die Laeveld uitgestrek en in die weste lë die voetheuwels van die platorand. Die kruin is 1 194 meter hoog en bestaan uit massiewe granietrotse. As hierdie berg kon praat sou hy baie stories kon vertel. Heelbo tussen die rotse in ‘n vlak grot is n paar Boesmantekeninge. Hoekom het hierdie klein mensies altyd bo in die berge gebly? Het ander mense hulle dalk verdryf? Bietjie laer af is ou krale van rotse gebou. Wie sou sulke krale so hoog teen n berg bou en hoe oud is hulle? In watter tydperk is hierdie berg bewoon?

Vir Sir Percy Fitzpatrick en sy beroemde hond, Jock, was hierdie berg beslis ‘n belangrike landmerk. Fitzpatrick was ‘n transportryer wat met ‘n ossewa goedere vanaf die ou Lourenco Marques na Baberton en Lydenburg vervoer het in die 1880’s. Die roete na Lydenburg loop naby die berg deur die Peebles-gebied met die platorand op.

Legogote Berg is deel van stamgrond en word hoofsaaklik vir weiding gebruik. Die laer dele word gereeld gebrand en deur beeste bewei. Groot dele bestaan net uit klein grysappel boompies (Parinari curatellifolia) en yl gras. Hierdie praktyk is onvolhoudbaar en daar is reeds dele waar die bogrond weggespoel het. In dele van die gebrande veld vind mens ook breëblaar boekenhout (Faurea rochetiana) en kurkbasdoring (Acacia davyi) Hierdie twee spesies is ‘n indikators van Legogote-suurbosveld, en die veldtipe is sekerlik na die berg vernoem. Hierdie veldtipe kom feitlik dwarsoor die platorand voor in klein fragmente tussen bloekomplantasies.

In die oop ylerige grasveld is daar pragtige blomme van alle soorte wat aandui dat hier dalk ‘n bietjie reën geval het. Hoër op is klein stukkies woud wat die vure oorleef het. Die gewone widevy (Ficus burkei)met sy plat kroon, bosvaderlandswilg (Combretum kraussii) en mitserie (Bridelia micrantha) is enkele van ‘n groot verskeidenheid boomspesies. In die ondergroei is noem-noem (Carissa bispinosa) met soet helderrooi vruggies.

Heelbo in die granietrotse is enkele breëblaar-koraalbome (Erythrina latissima) pragtige uitsigte. Wat ‘n pragtige reservaat sou die berg met sy plantegroei, geskiedenis en uitsigte kon wees!

  AUTHOR
Lood Wentzel

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Ashley, Shanese wil SA-titel verdedig

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other