So was die lewe meer as 50 jaar gelede

Nêrens kan ‘n mens die wel en wee van ‘n gemeenskap op ‘n gegewe tydperk beter bepaal as met die deurblaai van ‘n ou koerant uit daardie tyd nie.

Ons het reeds verlede week begin kyk hoe ‘n ou uitgawe van Die Laevelder van destyds die lewe en tydsgees van 50 jaar gelede hier in ons omgewing uitgebeeld het. Die uitgawe van die week van 30 Augustus 1962 skep ‘n aangename landelike atmosfeer.

PIC021962.08.30LV02-_41272 (Medium)

Dis ‘n jaar na die stigting van die Republiek van Suid-Afrika waarin baie wit Suid Afrikaners destyds groot behae gehad het, ten spyte van die feit dat dit destyds die land sy lidmaatskap in die Britse Gemenebes van Volke gekos het.

Die Nasionale Party-regering van die dag met sy beleid van afsonderlike ontwikkeling wat ook as apartheid bekendgestaan het, het binnelands en buiteland teenkanting begin kry. Daar was die eerste sprake van ekonomiese sanksies, maar hier by ons het Die Laevelder oor die Lentebloeiselfees berig wat die vorige week gehou is.

Op die voorblad was daar ook ‘n foto van vegvliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugmag wat ewe gerustellend hulle dreunende staal by ‘n lugskou oor Nelspruit getoon het.

Ons kyk die week na bladsy twee en drie. Op die blad links verskyn daar nog ‘n foto van die dan pas-afgelope lugskou. Dit is ‘n lugmaghelikopter wat opstyg onder die aanblik van ‘n groepie fiere Laevelders.

‘n Paar jaar vantevore was die ou Lowveld Leader nog ‘n volbloed Engelse koerant, maar teen 1963 word daar meestal Afrikaans gebruik. Tog verskyn daar ‘n mooi program in Engels oor die komende Settler’s Day Commemoration.

Daar word ook gewag gemaak van ‘n komende tuinskou met die opskrif: “Great interest in Garden Competition” – twee onderwerpe wat die Engelssprekende gemeenskap tradisioneel na aan die hart sou lê.

PIC031962.08.30LV03-_41319 (Medium)

Nog iets eiesoortigs aan die koerant van daardie tyd was die “Social and Personal”-seksie waar die kleinste beuselagtighede uit die gemeenskap genoem word: “Mrs. (Deon) Hofmeyr left White River by car on Sunday on a several days visit to Pretoria,” – of “Mrs Errol Duncan who underwent a very serious operation in Johannesburg at the Brenthurst Clinic, has returned to her farm Retread, feeling very much better and making excellent progress towards recovery.”

Net om te dui dat die Laeveld en sy mense tred gehou het met hedendaagse tendense, was daar ook ‘n aankondiging oor ‘n komende “Jive Session” waar die jongste in moderne danse – selfs die Twist en die Penguin Walk, gedans sou word. Dit alles op maat van die musiek van die bekende plaaslike orkesleier, Butch Marx.

Die advertensie vir Arwa-naatlose sykouse, onthou ek nog soos gister. Gewis het die prys intussen goed gestyg. ‘n Stel kouse het slegs 59 sent gekos. So het ‘n wynhandelaar uit die Kaap ook sy pryslys op bladsy twee laat plaas: KVW 10 jaar oue brandewyn teen R2,22 die bottel.

Die vyf-jaar kon bestel word teen ‘n skamele R1,60 – met ‘n minimum van 12 bottels per bestelling, per spoor afgelewer oral in die land vanaf die Hugenotestasie in die Pêrel.

LVF0108_001_11630586262 (1)

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_small Autodealer.co.za
Top
Next Story x
Still a chance to help residents of Knysna

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other