NHS se atlete laat die telbord tik

Die seuns het ‘n algehele agtste plek uit 56 spanne behaal en die dogters ‘n 17de plek. Nelspruit se seuns het 26 133 Absa-punte op die telbord aangeteken.

Die bekende Marais-broers, Naas (o/17) en Jacques (o/16), was weer aan die spits van ‘n hele rits uithalervertonings. Albei het die maksimum van 1 200 Absa-punte verwerf, beide in skyfwerp.

Naas se 62,12m het sy eie rekord van 61,58m oortref, en dit plaas hom in die nommer-vierposisie op die IAAF se internasionale ranglys.

Slegs Cyprus se Giorgos Koniarakis (63,96m), die VSA se Turner Washington (63,00m) en die Hongaar, Ferenc Aranyi (62,36m) het vanjaar die 1,5kg-skyf verder deur die lug laat klief.

In ‘n kompetisie waar 18 atlete in aksie was, kon die atleet wat tweede was (Potch Gim se Roubert Rosseau) slegs 53,99m haal.

Kleinboet Jacques se 49,98m was ook die volle 1 200 punte werd.

Slegs Klerksdorp se Juan Oosthuizen (50,66m) kon verder as Jacques gooi.

Jacques se mede-Nellie, Douw Kruger, het self die oog gevang toe hy sy persoonlike beste na ‘n pragtige 45,60m opgestoot het (1 075 punte).

Twee van NHS se spiesgooiers het ook die 1 000- punteperk oorskry: Joshua Maass (o/16, 65,23m – 1 059 punte) en Werner Bouwer (o/19, 71,80m – 1057 punte). Jacques se verspring-afstand van 5,89m het ook ruim tot die spantotaal bygedra, toe hy 1 062 punte daarmee verdien het.

Megan Nel.

Megan Nel.

Die 14-jarige Suzaan Nel was ‘n groot aanspraakmaker onder die dogters. Sy het die 100m in 12,79sek kafgedraf en daarvoor 937 punte in haar sak gesteek. Sy het ‘n verdere 869 punte bymekaargemaak vir haar 4,87m in verspring.

Carli Killian (o/15) het 858 punte in hoogspring (1,50m) en 845 punte in verspring (4,95m) verower.

Nóg twee hemelbesems het meer as 800 punte bygedra. Linmari Potgieter (o/16, 1,55m – 853) en Luka Swanepoel (o/14, 1,45m – 853) het ook die telbord aan die brand gehou.

Drie Nellies wat van oor tot oor na die byeenkoms geglimlag het, was Ruan Labuschagne, Megan Nel en Andreas van Heerden. Hulle het hulself oortref deur met bestaande Nellie-rekords klaar te speel.

Labuschagne (o/16) het die 400m-hekkies in ‘n blitsvinnige tyd van 55,81sek. kafgedraf. Nel (o/15) het Claire Sparrow se verspringrekord (10,45m) verbeter en ‘n nuwe rekord van 10,48m vasgepen.

Werner Bouwer.

Werner Bouwer.

Van Heerden het, in die 3 000m-wedloop vir o/15, Charlie Naudé se tyd van 10:53:23 met meer as ‘n minuut, na ‘n puik 9:44:92 verbeter. Daar was vir die eerste keer ook ‘n 3 000m vir dogters o/14, waar Leonine Geldenhuys se 12:36:44 ‘n nuwe Nellie-rekord is.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Ashley, Shanese wil SA-titel verdedig

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other