‘n Storie Wat Wag Om Vertel Te Word

Teen die einde van 1967, amper 50 jaar gelede, was dit voorbladnuus op Die Laevelder toe die destydse Nasionale Party-regering die bietjie bruinmense of sogenaamde kleurlinge in die Laeveld, wou oppak en op die Hoëveld in Nazareth by Middelburg gaan vestig. Dit was in die hoogjare van afsonderlike ontwikkeling – apartheid. John Vorster het die jaar vantevore by Verwoerd as premier oorgeneem. Vir die swartmense is daar op grond van die onderskeie etnisiteite, tuislande ingeruim. Rasseklassifikasie was aan die orde van die dag. Die sogenaamde kleurlinge moes hoor dat daar net enkele woonbuurte in die destydse Transvaal vir hulle geskep gaan word. Een hiervan was die bruin woonbuurt, Nazareth. Vir jare was dit ook die plek met die naaste hoërskool waar hierdie mense hulle skoolopleiding tot matriek kon voltooi. Hier in die Laeveld het die manne kwaai teen so ‘n verskuiwing wal gegooi. Hulle het ‘n komitee gevorm en gevra vir gesprek met die plaaslike volksraadslid, mnr. Braam Raubenheimer.

PIC 02 Lowvelder 26 Nov 1960

Gevestigde woongebiede vir die Indiër- en kleurlinggemeenskap, ofskoon, apart, was reeds in 1960 ‘n brandpunt in die Laeveld wat van tyd tot tyd in Die Laevelder en sy voorganger, The Lowveld Leader, geopper is.

Hierdie groep was onder meer die plaaslike skoolhoof by die kleurlingskool hier, mnr. RS Evans, tesame met ander stoere manne soos mnr. Naudé Naudé, voorsitter van die destydse kleurlingadviesraad. Mnr. MR Marks het onder ander Barberton se bruinmense vertreenwoordig. Die manne het aangevoer dat daar maar min kleurlinge in die Laeveld-gebied was. Nog nie eens 1 000 siele nie. Soveel mense is eers teen die jaar 1980 verwag. Hulle het wel aangevoer dat die woonomstandighede van die tyd, haglik was. Daar moes in die Laeveldse dorpe waar hulle gewoon het, permanente woonbuurte geskep word – al moes dit nou eenkant wees. Mnr. Button van Lydenburg het gesê hy bly 48 jaar in die dorp, maar steeds onder tydelike omstandighede. Raubenheimer was simpatiek, maar het gesê die plaaslike bruingemeenskap is te klein om werklik voorsiening voor te maak. Op Middelburg was al die aparte geriewe en selfs ‘n tegniese skool spesiaal vir die bruin groep. Hulle moes toe ‘n memorandum opstel waarin hulle hul behoeftes uitgestippel het.

PIC 03 2015-12-24 13.09.07

Oop riool en waterslote het vir jare vir ‘n wesenlike gesondheidsgevaar in ou Kliptown gesorg, so onlangs as 1976.

Raubenheimer het onderneem om dit te oorweeg en dit namens hulle aan owerhede voor te lê, luidens die berig. Intussen was daar baie kampvegters – nie net vir die behoud van verblyfreg in die Laeveld nie, maar ook vir gevestigde woonbuurte. Verantwoordelike gemeenskapsleiers soos me. Grace Davids en baie ander was deurgaans op die voorpunt. Die wiel het wel stadig gedraai. Eers in die middel-70’s is grond vir behoorlik gedienste woonbuurte – ofskoon tóé nog apart – uitgelê: Nelsville op die rand van Nelspruit, Harmony Hill buite Sabie, Hillsview by Witrivier en Kellysville by Lydenburg. Dit is ‘n komplekse storie wat nie bloot uit ou koerantberigte saamgeflans kan word nie. “Dis ‘n boek wat nog geskryf moet word,” sê my vriendin, me. Mary Schatz, wat nou nog ‘n groot woelgees in hierdie gemeeskap is. Eendag gaan ek en Mary nog sit.

PIC 03 2015-12-24 13.07.13

Die ou Kliptown-woongebied was noord van die spoorlyn agter die ou korporasie waar die brandstofmaatskappye deesdae hulle opslagplekke het.

 

LVF0108_001_11630586262-1

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Top 20 most popular songs of the 80’s

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other