Oudag se advertensies in The Lowveld Leader was anders

“Mans het g’n tyd vir senuweeagtige vroue nie. U kan gesondheid en energie uitstraal,” of ”Laat rook u hoes….? Stel gerus Choat se Slaai-ekstrak ‘n slaggie op die proef. Dit is ‘n uitstekende middel teen rokershoes.”
63

Dít was maar ‘n paar van die vreemde advertensies wat vroeër in ou uitgawes van Die Laevelder of sy voorganger The Lowveld Leader opgemerk is. Lees ‘n mens so deur ‘n ou Lowveld Leader van 1954 – dis net meer as 60 jaar gelede – staan jy verstom oor hoe sosiaal- en gesondheidsinkorrek sommige van die advertensies van detyds was. Tog gee die advertensies van toe ook ‘n insiggewende blik oor watter produkte destyds groot in aanvraag was – en ook watter behoeftes oor die jare presies dieselfde gebly het – koffie, motorbande en goeie brandewyn. Merk ook dat sigaretadvertensies toe nog dubbelbladstatus geniet het.

2
Bidomak, “die vertrekmiddel van die eeu,” het vroue nie net van senuweeagtigheid genees nie, maar ook ‘n rustige nagrus verseker en hulle lewenslus en groter uithouvermoë belowe. In een uitgawe van Oktober 1945 word daar nie minder nie as twee soorte koolstowe geadverteer: die bekende Aga- en die zayburnkoolstoof direk uit Groot Brittanje. Maar kyk ‘n mens so na die handelsmerke dan is Nestlé se Ricory-koffie en sigorei-ekstrak, Rembrandt-brandewyn en Kommando-sigarette lank nie meer op die rakke te kry nie. Ook Indiabande en Airco-paraffien-yskaste het van die mark verdwyn. Net die ou Listers wat voor die kom en gaan van Eskomkrag so onontbeerlik op die plaas was, kry ‘n mens plekplek nog in ‘n pompkamer staan of geadverteer in ‘n ou koerant.

9

1

5

LVF0108_001_11630586262-1

  AUTHOR
Marius Bakkes

Latest News

COMMENTS

Top