Slimkoppe help gestremdes loop

De Villiers Basson en Mia Erasmus.

MBOMBELA – Dié slimkoppe het by die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes hul vernuf in die Birchwoord Hotel in Boksburg uitgestal. Hulle het goud vir hulle projek, Harness of Hope verower, asook ‘n eerste plek in die mediese innovasie- en tegnologie-afdeling.

Die projek is om serebraalgestremde kinders meer mobiliteit te gee. Net 482 projekte uit 20 000-inskrywings het vir die ekspo gekwalifiseer.

Die twee Nellies het aanvanklik aan die idee gekom nadat hulle ‘n motiverings-DVD, Team Hoyt, gekyk het. Dit is ‘n ware verhaal van ‘n pa met ‘n gestremde kind.

Lees ook: Hoërskool Nelspruit receives praise from Department of Education

Die seun het vir sy pa deur middel van ‘n rekenaarprogram wat hom help kommunikeer, gevra om Ironman saam met hom te doen. Dit het Mia en De Villiers gemotiveer om iets vir kinders te doen om beweging te vergemaklik.

De Villiers het reeds verlede jaar met die projek begin waar hy die harnas ontwerp het. Henrique de Lange en De Villiers het saam aan die projek gewerk waar hulle in 2015 die Tritech-ekspo as algehele wenners gekroon is. Vanjaar het De Villiers besluit om op die projek uit te brei, en Mia gevra om hom te help.

Die fiets is uit ‘n gewone loopraam saamgestel en bestaan uit ‘n kar se ruitveemotor, fietstrappe en 12V-battery. Die harnas knip aan die raam vas. Oop sandale word met Velcro aan die trappe vasgemaak.

Die kind se voete word op die trappe in die skoene vasgemaak, en die motor word aangeskakel.

063 (Small)

“Daar het baie navorsing en beplanning in die projek gegaan. Twee jaar se probeer en verstellings. Die leerlinge het professionele opinies van drie ortotiste en fisioterapeute in die Laeveld gekry. Ek is self ‘n dokter en het hier en daar ‘n hand bygesit,” vertel De Villiers se pa, DW.

Albei die leerlinge is kranige atlete. De Villiers is tydens NHS se prysuitdelingsfunksie as die senior seunslandloopatleet van die jaar aangewys.

Mia was deel van die-atletiekspan wat haar provinsie by die Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskappe en die ASA Junior, Jeug en Sub-jeugkampioenskappe verteenwoordig het.

Lees ook: Local athletes hunt down the medals

Hul aanvanklike idee met die projek was meer oor die blote plesier van loop. “As ons net een kind se lewe kon verander het, sou ons projek suksesvol gewees het, maar tot nou het ons in agt kinders se lewens ‘n verskil gemaak.

“Ons hoop dat die projek in rehabilitasiesentrums en in huise gebruik kan word,” het De Villiers en Mia gesê.

066 (Small)

Nog ‘n plaaslike wetenskaplike, Muhammad Hamza Hira (15), van Penryn College het ook ‘n goue medalje in die mediese innovasie- en tegnologie-afdeling vir sy toestel, Dr Spine ontvang. Dit sorg dat mense reg sit en toestande wat met swak postuur verband hou, voorkom.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Online rhino auction to go ahead on Monday

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other