Plaaslike musikante in die koerante

Blaai ‘n mens so deur vroeër uitgawes van Die Laevelder, later net Laevelder, sien ‘n mens dat ons streek ook nou en dan talent uit die musiekwêreld opgelewer het – sommige vandag nog bedrywig en ander wat in die vergetelheid geraak het.

PIC041976CharlesJaco_07089

In 1964 verskyn daar ‘n berig van die 14-jarige skoolseun Eddie Davey van Nelspruit wat die enigste leerling in die Laeveld was wat die intermediêre musiek-eksamen in orrel met lof geslaag het. Sien die knipsel hiernaas.

Davey het voortgegaan om een van Suid-Afrika se grootste orrelmeesters te word en is vandag ‘n man in sy middel sestigs. Hy tree nog gereeld op.

Druk hier vir die volle foto

Druk hier vir die volle foto

 

Iemand van wie ‘n mens later minder gehoor het, was Ernie Mocke. Die belowende Mocke, ‘n kitaarspeler en sanger, was vroeër ‘n onderwyser in Nelspruit.

Onder ‘n foto van hom wat in 1970 in Die Laevelder verskyn het, word gesê dat hy reeds bekendheid in die sangwêreld verwerf het. Al wat ‘n mens deesdae van hom op die internet vind, is ‘n omslag van ‘n plaat wat hy en sy groep een keer gesny het. Moontlik onthou van ons lesers hom nog.

LEES MEER: Oudag se advertensies in The Lowveld Leader was anders

‘n Ander musikant van vergange dae wat egter nog goed onthou word, is Charles Jacobie wat landwyd ook as die singende beesboer bekend gestaan het. Oor hom kan ‘n mens nog baie skryf. Daar is ook heelwat mense in die Laeveld wat nog iets oor hom te vertel het. Op die internet verskyn daar selfs ‘n ou televisie-onderhoud en ‘n musiekvideo van hom.PIC05,charles,1_07143

Sou daar van ons lesers wees met meer inligting, kontak mariusb@lowvelder.co.za of 013-755-2414 gedurende kantoorure.

PIC021970.07.24.06-C_06981

LVF0108_001_11630586262-1

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_small Autodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other