‘Vir die Voëls’ – gaan kyk vandag die puik film

Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls, het binne die eerste 10 dae sedert sy opening die R3 miljoen-kerf verbygesteek. Volgens Starburstmusic se Alishia van Deventer,  het meer as 56 500 mense het reeds daarna gaan kyk.

Lees ook: Wolkbreuk veroorsaak chaos in Mpumalanga

Vir die Voëls is gegrond op die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd geterg het. Tot kort tevore het sy vas geglo onafhanklikheid is die enigste vorm van vryheid, maar intussen het Sampie de Klerk (Francois Jacobs) haar oor haar oortuigings laat nadink.

Die verhaal speel in die laat 1970’s af en roer die hartsnare. Dit is ’n nostalgiebelaaide rolprent oor ’n sterk vrou wat haar tyd vooruit was en ’n man met so ’n sterk identiteit dat hy ’n vrou kan respekteer en vir haar liefde veg. Dit is ’n storie oor die stryd teen jouself en hoe om te keer dat omstandighede en emosionele bagasie jou kans op geluk verongeluk.

Read: Your interactive map – the ultimate roadtrip awaits

The Film Factory het Vir die Voëls is in samewerking met kykNET Films vervaardig. Die rolverdeling sluit ook in Elize Cawood, Nicola Hanekom, Neels van Jaarsveld, Drikus Volschenk, Leandry Smith, Liam Bosman, Lara Kinnear, Candice Kruger en Bennie Fourie. Die rolprent is op 25 November 2016 uitgereik en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei.

Vir al die vakansiegangers wat op pad is Suidkus toe, is daar ook goeie nuus!  Vir die Voëls open ook eerskomende Vrydag, 9 Desember, by Ster-Kinekor Shelley Beach.

 

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Rob se atlete verpletter meer as 25 rekords