Wie onthou die dae van roet en rook?

MBOMBELA – Baie vergeet dat ou Nelspruit eintlik sy ontstaan as spoorweghalte gehad het – en later spoorweg-aansluiting. Dit is anders as baie ander dorpe op die Suid-Afrikaanse platteland wat om ‘n kerk en markplek onstaan het. Ouer inwoners sal ook onthou dat hier tot diep in die vorige eeu nog ‘n groot spoorweggemeenskap op Nelspruit, vandag Mbombela, was. Soos destyds se gebruik was daar ook heelwat spoorweghuise gebou – eers naby die stasie en later ooral op die dorp. Baie onthou nog die blok spoorweghuisies skuins agter die stasie waar die Plaza-winkelkompleks en taxi-staanplek vandag is.

Hier sou jy nog jou spoorweggemeenskap uit die tyd van die stoomenjins kry – met al sy tradisies, gebruike en hiërargië. Treindrywers, stokers, rangeerders – en die roepman. Oor die jare met die Nelspruit-stadsraad se gereelde behuisingskemas is die huise vir spoorwegamptenare en werkers met die wat aan private eienaars beskikbaar gemaak is, deurmekaar gegooi. Dikwels ook ‘n paar huise vir ander staatsdiensamptenare soos die manne van die poskantoor.

shutterstock_120226450-1-984x500 (Medium)

Jenny Myburgh vertel dat dit nog in die jare vyftig en sestig so was onder in Nelstraat – waar die burgesentrum, en oorkant die straat, Silulumanzi, vandag is. Ook waar Sonpark vandag staan was ‘n blok spoorweghuise wat met die afskaling van die spoordienste later vir sakeontwikkeling verkoop is.

Nelspruit se groei is baie te danke aan die bou en bedryf van die ou Oosterspoor tussen Pretoria en Delagoabaai. So het die ontwikkeling van die moderne Lourenco Marques, later Maputo, ook veel te danke gehad aan die besige hawe wat aan die seekant van die spoorlyn ontstaan het.

‘n Nog groter groei van die spoorwegbedrywighede op Nelspruit het gekom toe dit ‘n aansluitingstasie vir die taklyne na Graskop en Witrivier geword het – hier vanaf 1914. Dit het die Laeveld oopgegooi vir die makliker vervoer van hout en houtprodukte asook tonne varsprodukte aan die buitelandse mark. Die sitruspakhuise by die hawe van Maputo was die eerste om weer amptelik in hergebruik geneem te word na die verdrag van Nkomazi van Maart 1984. Maar met modernisering kom verandering.

1976Diespligtigesver_50814

Op die voorblad van Die Laevelder van 22 September 1966 word met groot ophaal aangehaal oor die spoorweë se bydrae tot die ontwikkeling van Nelspruit en sy omgewing, en vooruitgang wat dit in die Laeveld gebring het. Tog was dit ook met die ingebruikname van die spoorlyn as ‘n elektiese trajek wat die uiteindelike einde aan stoom-era hier by ons gebring het. Net tot en met geleidelike koms van die latere dieseleenhede, is die taklyne toe nog met stoomtreine bedien.

Ofskoon die eletrifisering van die lyn heelwat van die stoombedrywighede hier afgeskaal het, het die modernisering ook vir nuwe spoorweguitbreiding in Nelspruit gesorg. Volgens ‘n voorbladberig in die koerant sou nou ‘n nuwe enkelkwartiese vir 100 inwoners gebou word asook ‘n die vestiging van ‘n depot vir die herstel van spoorwegseile is deur die besoekende  mnr. PG Joubert, adjunkhoofbestuurder Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens – die ou SAS&H, belowe. Die koerant het ook berig dat SAS&H op daardie stadium 409 Wittes en 400 Swartes hier in Nelspruit in diens gehad het.

1968treinongeluk-Bes_50891 (Medium)

Met die afskaling van spoordienste om meer as een rede, asook die sentralisasie van die bedryf van die trajek, het Mbombela van vandag sy belangrikheid as ‘n sentrale spoorwegstelsel verloor. Al hoor mens lank nie meer die gedurige gerangeer met stoomlokotiewe op die spoorwerwe sentraal-noord van die ou middedorp nie, of die lang fluit van die hooflyntrein wat die stasie inkom op pad na die see nie, hoor mens tog nog in die vroeë ure van die oggend die dowwe gedreun van die diesels op deurtog.

Daar het min behoue gebly van die herinneringe van Nelspruit as spoorweggemeenskap. Ons sou graag meer te hore wou kom. Enigeen wat graag wil vertel of foto’s het om te wys is welkom om my te kontak by mariusb@lowvelder.co.za of my te skakel by 013-755-2414.

PIC011966.09.2201_50642 (Medium)

130 Years Of Lowvelder

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other