Krismis in die Kruger – ons lesers onthou

Shingwedzi

SKUKUZA – Drie wildtuinliefhebbers vertel van ‘n Kersfees in die wildtuin: Gerhard Smit, Lourens Grobler en Bertus Meiring.

Gerhard Smit

Stille Nag, Heilige Nag in Shingwedzi

Die Geskiedenis herhaal homself. Die skole het gister gesluit.

Dit was nogal ‘n langpad vanoggend tot by Malelane, daar aangekom besluit die twee kleinkinders hulle wil in die Isuzu saam met Oupa en Ouma ry. Natuurlik voel ons nogal gevlei.

Net oorkant die Tihalabyebrug herhaal die geskiedenis homself.My gedagtes gaan terug na die laat 1970s, ek Lanette, klein Lanette, Istell, Oupa Dirk en Ouma Sue het die langpad na Punda Maria aangedurf sowat 620 km van Vereeniging af. Daar aangekom is almal bietjie moeg en gaan rus.

Later die middag is die dogters skoonveld. Ouma Sue sê hulle is winkel toe.Vroeg volgende oggend op die stoep van nommer 23 vra Oupa Dirk of ek hom hoor, doer vêr verkondig die koning van Afrika sy heerskappy terwyl die daeraad in die ooste die nagdonker verkleur eers tot karmosyn, tot oranje en dan helder blou.

Gou-gou is almal in die lekker Landie en ons is op pad na Pafuri, verby Kloppersfontein, naby Kremetartdrinkplek verdwyn ‘n Duikertjie gevolg deur haar kleintjie in die bos.

Ons is eerste op Pafuri en die Landiewiele maak spore op Elimon se pas geharkte parkeerplek. Die swartgebrande waterketel stoom en ons kry kookwater vir ons koffie, Lanette pak die piekniekmandjie uit en ons geniet dit wat daaruit kom, terwyl die Nyalaooitjie en haar lammetjie binne grypafstand van ons, die Worsboomblomme wat afval, geniet.

Die koning van die Afrika hemelruim verkondig sy heerskappy en dan sien ons hom wanneer hy neerswiep en vir hom ontbyt uit die Luvuvhu se waters gryp.

Op pad Crooks Corner toe kom ons agter die migrante kleurvolle veervolk is terug, ons hou stil in die Pafuriwoud en luister na hoe die Simfonie deur ons Skepper gekomponeer, foutloos en sonder dirigent aangebied word. Klein Lanette toe ses jaar oud, verbreek saggies die stilte en sê “Is dit nie pragtig nie”. Ek kon net my kop knik en haar nog ‘n bietjie liewer hê.

By Elandskuil sê klein Istell ons moet stop en ons sien hoekom die drinkplek na die grootste boksoort in Afrika vernoem is.

So in die ry hoor ek ‘n sagte gesing agter in die Landie, Oupa Dirk en sy twee prinsessies sing “Al die veld is vrolik”.

By Boyela is ‘n troppie buffels aan’t stoftrap op pad na die drinkplek.

By die kamp aangekom verwelkom Ben en Quarta ons, Quarta vertel ons dat Blackie weer vanaand sy treinjie gereed sal hê, die dogters luister grootoog.

So teen skemer versamel ons by die kampvuur en die kinders en van die ander grootmense oorlaai Blackie se trein vir ‘n toer deur die kamp. Klaar gery wil hulle nie afklim nie en Blackie se trein weer, getrek deur die rooi Massey Fergusson dreun verder, natuurlik gee Blackie nie om nie.

Later toe die kole net gloei klink “Stille nag, heilige nag” in die stilte van die oukersaand in die Shingwedziruskamp saggies en met baie liefde en eerbied op. Ons hoor die Kru-kru van ‘n Skopsie en ook die “Good Lord deliver us” van ‘n Afrikaanse Naguil. Ons is steeds dankbaar dat ons Skepper aan hierdie versoek gehoor gee.

Kersoggend heers daar ‘n gewyde stilte – mense groet vriendelik en spreek hulle seënwense teenoor mekaar uit.

Die Spreeus en Neushoringvoëls saam met die Boomeekhoringkies sit met afwagting en kyk of daar nie dalk ietsie van die tafel buite no 29 vir hulle afgeval het nie. ‘n Wielewaal sing sy lied terwyl Oupa vir sy prinsessies vertel dat die weemoedige geluid die van ‘n Spookvoël is.

Die geraas van ‘n paar Olifante klink vanuit die Shingwedzi en ons gaan kyk hoe die bosreuse hulle dors les en afkoel.

‘n Troppie Waterbokke saam met Rooibokkies en hulle ou lammetjies drink ook eenkant vanuit ‘n poel. Iemand sê “Lyk of die Krokodille darem nie op Kersoggend pla nie” ons knik instemmend.

Die veld is vrolik, die bome is gedos in hulle beste, die vrolike kleurvolle voëls en skoenlappers versier daar waar nog nie blommetjies is nie. Die Visvangers en Houtkappers kompeteer met mekaar terwyl die Neushoringvoëls steeds kordaat rondspring en “Kokkok Kokkok Kokkok”.

Die kinders noem dat Oupa eergister vir hulle op Punda ‘n vir ‘n buffelburger en ‘n melkskommel ‘n geldjie gegee het – nou weet ons waarom hulle nie die aand wou eet nie.

Nou vanoggend 8 Desember 2016 by die Tihalabyebrug luister ons na die voëlgesang in die bos wat die erge doogte vergewe het en weer stadigaan beste aantrek. Hier kyk ons na ‘n ou troppie Rooibokkies en Danika sê “Look Oupa and Ouma, aren’t they just beautiful with their big eyes and wobbly legs” verwysend na die nuwe geslag Rooibokkies.

Lanette vat my hand saggies en vra of ek die oukersdag op Pafuri kan onthou, ek kan net my kop knik want die oomblik is te groot.

Die ander Oupa en Ouma is nie meer daar nie, dalk sal ek maar vir die twee kleintjies ‘n geldjie in die hand stop vir ‘n burger en ‘n melkskommel. Salig om ‘n Oupa gedurende die Kersseisoen met sy kleinkinders in die Wildtuin te wees. Dalk het ons tog in die verlede iewers iets goeds gedoen.

 

Lourens Grobler

Met ‘n opblaasmatras na die Noorde

Ons het al ’n paar keer kort voor of na Kersfees weggeglip Widltuin toe vir vakansie. Dit is ons gunsteling tyd vir ’n bosvakansie, want die dae is lekker lank en warm. Die bos is groen en dig en jy word vroeg wakker gemaak deur die voëlkoor van die somer. Min dinge kom daarby.

In die dae voordat ons ’n gesin was het ons met ons Volkswagen Golf, ’n paar geleende stoele, ’n klein tent en ’n opblaasmatras die ver paaie na die Noorde van die Wildtuin aangevat. Dit was baie warm in die karretjie sonder lugversorging en die matras het iewers deur die nag afgeblaas, maar niks kon ons vakansie gevoel demp nie.

Later jare, met ons jong gesin in die kar het ons die tent verruil vir die gemak van die huisies in Mopaniekamp. Die kamp het wye spasies en bospaadjies langs die heining waar mens kan gaan stap, ’n swembad en ’n groot kremetartboom met takke vol voëls. Maar die beste van alles is die groot dek wat oor die dam uitkyk; die perfekte plek om met ’n verkyker om die nek iets te gaan drink en te wag vir die Visarend of die seekoei om te roep.

Mopaniekamp is nie bekend vir troppe wild nie, maar ons is plantmense en gaan nie noodwendig meer bos toe vir die Groot Vyf nie. Die bome en veldblomme, voëls en insekte gee ons net soveel genot. Een jaar was daar ’n gesin Langtone op ’n laagwater bruggie en ons het lank by hulle gesit en ons verkyk aan die ma en wat haar klein kuikens touwys gemaak het. Ons het ook al gestop en aan baie verbaasde verbygangers vertel dat ons na die luiperdorgideë (Ansellia africana) in die Hardekoolboom kyk.

Die wildtuin het beslis ’n ander Kersfeespas, ’n luilekker, stadige pas vir vakansie wat net soveel langer en lekkerder voel in die Somer. Ons beplan al klaar aan ons volgende keer daar.

Bertus Meiring

Hey! What is that behind you….

As a family we have always enjoyed Kruger, especially over December holidays when the bush is lush, green and full of life. By December all the migrating birds have returned and there is babies everywhere.

Two years ago we were travelling on the S34 dirt road near Tshokwane when we came across a pride of lions lying next to the road. We were the only car there and after spending ten minutes or so enjoying the sighting decided to return to camp.

My daughter Raquel was driving at the time and at one point we went through quite a big puddle of water in the road. The car started to act up due to this and we stopped so I could take over from her. I know it is not permitted to get out of the vehicle, but this was an emergency and I had to figure out what was going on.

While we were walking around the car to swop seats (and with the lion sighting fresh in our minds), I looked past Raquel with an absolute horrified expressing and started sprinting for my seat as if something in the bush is coming for us. Raquel started screaming and literally dived full body length into the car and in the process broke off a few of the radio’s buttons which left her with some bruises to show.

We laughed all the way to camp and teased her for the rest of the holiday. I can still see it in my mind’s eye.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Geliefde veldwagter aan die herstel na rugbeserings