CAD-span staan reg om te ondersteun

MBOMBELA – Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD), ‘n ondersteuningsgroep vir gerehabiliteerde afhanklikes wat deur ander gerehabiliteerde afhanklikes bedryf word, is vuur en vlam vir die nuwe jaar. Die CAD poog om afhanklikes te ondersteun om nugter te bly. Hulle het einde verlede jaar ‘n nuwe komitee vir 2017 verkies.

Carine Classen is voorsitter, Dirk Myburgh ondervoorsitter en Joe Classen sekretaris/tesourier. Marieta Botha van SANCA, Past. Wernich Swart en Jakkie Myburgh dien ook op die komitee. Die organisasie het tydens die verkiesing ook lede se mylpale gevier. Classen is nou al 11 jaar lank sober, Japie van der Westhuizen agt, Gawie Nel sewe en Etienne Combrink twee jaar; Adele Moll nege maande, Dirk Myburgh sewe, Johan Botha vier en Willie Findlay twee.

Afhanklikes wat nog nie opgehou het nie, maar wat wil, is ook welkom.

Classen beklemtoon egter dat dit slegs ‘n ondersteuningsgroep is, nie ‘n rehabilitasiesentrum nie. Dít bly steeds die afhanklike se eie keuse en verantwoordelikheid. Daar word van almal verwag om tydens vergaderings nugter te wees.

Verder is daar nie reëls nie: enigiemand is welkom. Die CAD vergader elke Dinsdag om 19:00 by SANCA se kantore in Hopestraat 8. Navrae: Carine Classen by 082-744-8212.

Die Soberheidsgroep: Carine Classen, Willie Findlay, Amanda Loots, Japie van der Westhuizen, (agter) Dirk Myburgh, Adele Moll, Johan Botha en Gawie Nel.

Die Soberheidsgroep: Carine Classen, Willie Findlay, Amanda Loots, Japie van der Westhuizen, (agter) Dirk Myburgh, Adele Moll, Johan Botha en Gawie Nel.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
nuwe môre
Stella stel nuwe album, Nuwe Môre vry

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other