Baasspeurder Leon Brand gesels oor die speurwêreld

Lt Kol Leon Brand.
Lt Kol Leon Brand.

Leon Brand is die man agter hoëprofiel hofsake wat keer op keer Laevelder se voorblaaie haal.

 

As spesialis ondersoeker wat bedrog takel, wen hy miljoene terug vir sy kliënte en sien hy toe dat diewe agter tralies beland.

Lees meer oor van sy sake:

Die Realty 1 bedrog saak

Die Pierre Kruger saak

Die Luitenant Kolonel is gewoonlik maar bra kamerasku, maar hy was bereid om vir Laevelder ‘n uitsondering te maak. Dit is vyf maande nadat die koerant Leon se storie eksklusief in die gedrukte uitgawe van 2 Augustus vertel het.

Foto’s van Brand wat eksklusief aan Laevelder verskaf is, word vandag aanlyn geplaas saam met uittreksels uit sy onderhoud met die koerant.

Speurder wees is in sy bloed.

“Vir my was daar nog nooit enigiets anders nie,” het hy teenoor Laevelder gesê.

Sy pa, AO Abraham Brand, was in Leon se kinderdae die stasiebevelvoerder van die Skukuza-polisiestasie.

AO Abraham Brand en 'n kollega in die wildtuin.

AO Abraham Brand en ‘n kollega in die wildtuin.

Abraham het Leon as polisieman ingesweer.

Die spesiale oomblik toe 'n pa sy seun kon insweer.

Die spesiale oomblik toe ‘n pa sy seun kon insweer in Desember, 1981.

Leon het aanvanklik in Pretoria gewerk, maar is na die Laeveld toe verplaas in 1984. Die jong speurder is vinnig bevorder en het bekend geword vir sy deeglike saakdossiere en foutlose ondersoekwerk.

Hy het die polisie verlaat en as privaatondersoeker begin werk. Vandag spesialiseer hy in witboordjiebedrog.

Dit gaan oor deeglikheid en kundigheid.

Leon glo dat ‘n speurder deeglik kennis moet dra van wetgewing en dat hy moet bly leer en lees om by te hou met wetswysigings. Hy gaan byna nêrens heen sonder sy Snyman-strafreghandboek nie. Die definisies van ingewikkelde misdade is reeds in sy gehue gegraveer. “‘n Ondersoeker moet die reg respekteer en ‘n goeie vehrouding bou met die aanklaer wat sy saak in die hof behartig,” het hy aan Laevelder gesê.

Leergierigheid en nederigheid.

Leergierigheid en nederigheid is een van sy wenkombinasies. “Jy’s nooit te oud om te leer nie en ‘n mens beweeg op gevaarlike terrein wanneer jy dink jy weet alles,” het hy gewaarsku. “Om alles te wil weet en ‘n kundige op jou gebied te wees, is wel onontbeerlik,” het Leon bygevoeg.

Leon se kollegas.

Leon en sy span by D&L Patrols/Special Investigations, afgetrede landdros Piet Smit, voormalige Valke-polisieman AO Dumisani Sindane en hul bestuurder Emjay Smit, het ‘n rits suksesse agter die blad.

IMG-20160728-WA0003

Voormalige Valke-lid AO Dumisani Sindane.

Die polisie het Sindane vir sy puik diens bedank.

Die polisie het Sindane vir sy puik diens bedank.

Afgetrede landdros

Afgetrede landdros mnr. Piet Smit se kennis beteken vir Leon baie.

Samewerking is een van hul sleutel tot sukses.

Die gesamentlike oogmerk wat Leon, sy span, die polisie en die vervolgingsgesag deel, dra by tot hul sukses. “Ons almal werk goed saam,” het hy gesê.

Spanwerk is vir Leon belangrik. “Jy is net so sterk as die mense onder jou. Geen ondersoeker moet dit ooit vergeet nie.”

Nog ‘n reël of twee waarvolgens hulle werk, is: “Hou by die basiese beginsels. Wanneer jy na ‘n toneel toe geroep word, gaan nóú daarheen. Nie oor ‘n paar uur of môre oggend nie.
“Respekteer die wet en hou daarby. En moenie aannames maak nie. As jy dit gedoen het, het jy klaar verloor.”

Sy passie vir sy werk blyk uit die manier waarop hy op 53 steeds so opgewonde raak soos ‘n jong speurder. “Ek doen dit nie vir die geld nie. Dis die bevrediging,” sê hy en glimlag breed.

Van Leon se sake wat oor die jare die nuus gehaal het:

• Die Rufwil-saak:
“Daar was twee jong ouens wat maatskappye regoor die land vir miljoene gevat het,” sê hy. Die twee broers sou elektriese kabels op krediet aankoop. Rufwil was een van hulle vele slagoffers. Een wakker sekretaresse by Rufwil se opmerking het daartoe gelei dat die broers se kantore in Vyfdelaan, Springs, as hul boosdoener basis geïdentifiseer is. Die verwysings op grond waarvan verskaffers vir hul krediet moes toestaan, het telefoonnommers bevat wat na die broers se eie kantoor toe gelei het.
Een van die broers, of ‘n werknemer, sou dan die telefoon optel en die broers as debiteure aanprys. Leon het saam met ‘n spesialis-staatsaanklaer aan die saak gewerk en die broers is suksesvol vervolg.
“‘n Ondersoeker en aanklaer moet nou saamwerk,” sê hy. “Maar dis die staatsaanklaer wat besluit of daar vervolg word of nie.”
Voor Leon ‘n kliënt adviseer, neem hy en sy span die totaliteit van die inligting voor hul in ag. “Dit moet deur ‘n spesialis gedoen word. Die elemente van die misdaad waarvan jy iemand wil laat aankla word in ag geneem. As jy nie ‘n prima-facie saak uit die inligting voor jou kan bewys nie, moenie aankla nie. Dis ‘n tegniese ding wat nie sommer deur iemand sonder ‘n regskwalifikasie gedoen moet word nie.” Hy meen ook dat ‘n verdagte nie gearresteer moet word voordat die saak teen hom deeglik ondersoek is nie.

• Die Neil van Jaarsveld-saak:
“‘n Vrou van die bank het my gebel,” onthou hy. Haar seun is glo deur ‘n voormalige polisiekaptein uit R1,3 miljoen bedrieg. “Hy het cash-loan besighede in informele nedersettings te koop aangebied. Die ou het die koopgeld oorbetaal, maar die besighede wat hy kwansuis gekoop het, het nooit bestaan nie.”
Die saak is aanvanklik in Pretoria aanhangig gemaak en teruggetrek, totdat Leon weer ‘n ondersoek van stapel gestuur het en die saak heropen is. “Daai dossier was so dik,” sê hy en maak ‘n tien-sentimeter geaping tussen sy twee hande.
‘n Letsel sit daar waar hy jare gelede in die hand geskiet is. “Kapt. Neil van Jaarsveld het egter selfdood gepleeg terwyl die saak nog hangend was,” sê hy.

• Sewe jaar vir R700 000:
“‘n Vrou het meer as R700 000 by een van Leon se kliënte gevat. Sy is na ‘n twee jaar lange ondersoek skuldig bevind en vir sewe jaar tronk toe gestuur.

  AUTHOR
Helene Eloff
Court Reporter

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
jaco heunis
VOORSKOU: Werknemer in hof vir bedrog