Die nederige maroela kry só sy erkenning

Die fees beloof iets vir almal.

MBOMBELA – Die fees wat deur die Hervormde Kerk aangebied word, vind vanjaar op 28 Januarie by Hoërskool Bergvlam plaas. Verrigtinge skop om 07:00 af en duur tot 15:00.

Die doel van die Makiti is om die gemeenskap in ‘n veilige omgewing byeen te bring, waar produkte soos vleis, groente en ander noodsaaklikhede teen bekostigbare pryse aangebied word en waar gesinne goeie vermaak kan geniet – alles natuurlik met ‘n unieke maroelasmaak.

Daar word iets vir oud en jonk aangebied en een van die hoogtepunte is die jaarlikse Maroela-sewesrugbytoernooi waarin

12 Laeveldse spanne om die gesogte trofee meeding. ‘n Boereorkes, “Die Bosvelders” tree gedurende die dag op om die heerlike atmosfeer nog feesteliker te maak. Daar is genoeg sitplek in ‘n groot tent waar jy met vriende kan kuier, na goeie musiek kan luister, of vir die kinders kan wag wat by die speelpark bajlaar. Dit is ook die ideale plek om jou vetkoek, pannekoek of tradisionele pap en kaiings saam met heerlike koue maroelabier of koffie te geniet.

Almal wat daarvan hou om in stalletjies rond te snuffel, gaan ook nie teleurgestel wees nie. Daar gaan ‘n wye verskeidenheid met uiteenlopende produkte wees om van te kies en te keur. Die groot trekpleister is egter waar allerhande produkte die nederige maroelavruggie tot sy reg bring, in blatjang, jellie, konfyt, peri-peri, likeur, bier, fudge en talle ander. ‘n Resepteboek is ook beskikbaar vir diegene wat tuis met die verskillende gebruike van maroelas wil eksperimenteer. Moenie die Maroela Makiti misloop nie. Weens die beskikbaarheid van maroelas, is dit ‘n geleentheid wat hom net een keer per jaar in Januarie voordoen.

Navrae: Hervormde Kerk Nelspruit by 013-741-1455.

  AUTHOR
Elbi Dippenaar
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Rhinos for every month of the year