Zest, Die Buffel en Wellington sorg vir wynbederf

GT Lundie, a well-known face in the Lowveld.

MBOMBELA – Wynliefhebbers regoor die Laeveld is die naweek uitgebreid verwen tydens twee wynproegeleenthede. Wellington-wyne is saam met sjefs se keurigste skeppings voorgesit.
Zest se GT Lundie het Vrydagaand gasheer gespeel en die legendariese Buffel Hotel in Hectorspruit was Saterdagaand se venue.

Lees hier meer oor Die Buffel se wynproe.

Laevelder het Vrydag se funksie bygewoon waar ses wyn-en-koskombinasies voorgesit is. A chenin blanc en gerookte salmkombinasie is eerste opgedis. Die salm is op aspersie, komkommerrepies, beetpuree, avokado, Spaanse uiesalsa en sitrus hollandaise aangebied. Gorgonzola-tert en Wellington se Moscato Frizzante was volgende. ‘n Heerlike slakdis is saam met pinotage geniet. Wellington se Shiraz is saam met ‘n heerlike hoenderdis geniet.

Die kulinêre hemel is voorgesit met bief en Wellington se Cape Red Blend. Die aand is afgerond met ‘n toffie- en roosgegeurde panna cotta, bessie sorbet en piesangbruleé en ‘n skuimpiekors.

Toegangsgelde van die Buffel Hotel se wynproe is aan ‘n gemeenskaps-beskermingsforum geskenk. Dáár kon besoekers ook met ‘n SMS-kompetisie in aanmerking kom om ‘n boks wyn te wen.
“‘n Wenner is aangewys, maar sy was nie teenwoordig om haar prys te kon opeis nie,” het organiseerder Xania van der Merwe gesê. Sy kon nie verdere besonderhede in verband met die gemeenskapsbeskermings-forum bekend maak nie.

  AUTHOR
Helene Eloff
Court Reporter

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Paint the town purple