Leser se brief: Loopgestremde word deur ‘n jongman geïntimideer

Op Sondag 29 Januarie tussen 12:00 en 13:00 was my ek en my vriendin in Arkansas Spur by West Acres. ‘n Jongman het in die rigting van die kleedkamer eengestap gekom. My vriendin het opgemerk dat hy die heeltyd met haar oogkontak gehou het. Hy was pas in die kleedkamer, toe hy weer uitkom en negatief en kopskuddend met my oogkontak maak en hou terwyl hy verbystap.

Toe draai hy om na ons tafel en sê, “Ek het Van Wettens gebel om jou kar weg te sleep.” Ons het verbaas vir mekaar gesit en kyk. Ek het opstaan en uitgegaan om te kyk wat die probleem was. Teen dié tyd was hy en sy gesin by sy voertuig, sowat twee rye van my eie motor geparkeer. Ek het vir hom beduie dat ek die nodige akkreditasie het om in die rolstoel-gemerkte area te parkeer.

Ek is 86 jaar oud (dit is geen verskoning nie), en is nie in ‘n rolstoel nie, maar ek is loopgestremd weens rug- en knie-operasies. Ek sukkel met erge laerugpyn wat ek met pynstillers probeer beheer om so menswaardig moontlik onder omstandighede te beweeg.

Ek wonder wat het hom gebyt!

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Leser se brief: Verbitterde oumens wil soos ‘n dier uitgesit word