Innibos gaan ‘n trappie verder met aanlynwinkel

Maryna Wessels se baadjies.

MBOMBELA – Innibos Kunstefees neem vanjaar hul gewilde stalletjies ‘n trappie verder.

Enigiemand kan voortaan regdeur die jaar by hul gunsteling-Innibosuitstallers koop deur die fees se aanlynwinkel bekend as Ali se winkel.

Dit het Maandag sy virtuele deure oopgemaak en word bestuur deur Ali, oftewel Alison Linde, Innibos se uitstallerbestuurder.

Alison Linde.

“Baie feesgangers ken daardie moedelose gevoel wanneer jy ’n winskopie by een van die stalletjies misgeloop het of bloot net nie jou draaie kon kry vir feesinkopies nie,” sê sy. “Met Innibos se splinternuwe aanlynwinkel kan jy nou heeljaar van die eiesoortige produkte klik-en-koop.”

Die idee vir Ali se winkel spruit uit die talle navrae wat sy jaarliks ná afloop van die fees kry van mense wat die een of ander produk soek wat hulle by die stalletjies gesien het.

“Ons het besluit om dit ’n stappie verder te neem met ’n aanlynwinkel. Die uitstallers is in hul noppies met die bykomende blootstelling, en ons glo internetkopers sal hou van die produkte.”

Sy het verduidelik dat Innibosuitstallers se produkte streng gekeur word met voorkeur aan hand- en tuisgemaakte items.

  • Klik op die foto om Innibos se aanlynwinkel te besoek:

Johannita Eksteen se Funky Ouma-speserye.

“Daar is regtig iets van alles. Die juwele is altyd onder die topverkopers by die fees, asook die dekoritems. Kyk ook uit vir die kruiesoute, beskuitpanne en unieke baadjies. Of jy dit as ’n geskenk wil koop of sommer om jouself te bederf, daar is iets vir elke smaak en beursie,” sê sy.

Klere en juwele, huishoudelike goed soos lampskerms en houtrame, en selfs speserye word tans te koop aangebied. Linde het kopers genooi om in te loer en sommer gereeld te kom snuffel, aangesien nuwe produkte deurlopend bygevoeg sal word.

Sy hanteer self die versending van die produkte landwyd. Dié wat naby woon kan dit ook afhaal by die Innibos-kantoor by Sonpark.

Sy voel egter sterk om dinge persoonlik te hou, en die produkbeskrywings sluit stories in oor die mense agter die water.

Enige voornemende verkopers is welkom om ook hul ware in die winkel te verkoop.

Navrae: Alison Linde by 013-741-5294 of 082-460-3855.

  • Lees meer oor Innibos 2016 #droomgroot hier:

Innibos wows the crowd

Innibos wows the crowd

English theatre comes to Innibos with acclaimed Fugard work

English theatre comes to Innibos with acclaimed Fugard work

  AUTHOR
Mireille de Villiers
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Soli Deo Gloria needs help to rise up again