‘n Eerste vir Rob in Top 10

Vrede het die kleinskole-afdeling gewen terwyl EG Jansen die grootskole-afdeling se titel verower het. Rob Ferreira was algeheel derde met Swartkop in die tweede plek.

Die B-span het van verlede jaar se 22ste plek ook ‘n aansienlike verbetering getoon en algeheel negende geëindig.

Lees ook: Atlete verpletter rekords by JJJ-byeenkoms

“Om die mediumskole-afdeling te kon wen het alle verwagtinge oortref. Daar was 48 spanne van so ver as Limpopo, Noordwes en die Vrystaat. Om twee spanne onder die top-10 te kon oplewer, is vir ons as skool ‘n besonderse prestasie,” het die sport- en ontwikkelingsbeampte, Stefan van der Merwe gesê.

Christopher Thompson (o/19) het die 100m in 10,80 kafgedraf wat 856 ABSA-punte werd is. Die o/16-spoedvraat, Nkosana Mpinga was eerste oor die wenstreep in die 200m met ‘n tyd van 21,90 – ‘n volle 1 043 ABSA-punte werd en Junior Mondlane het nes sy spanmaat ‘n goue medalje in die 200m en in die verspringput vir seuns-o/14 verower.

Darryl Green (o/14) en Tulani Lukhuleni (o/19) was wenners in die 800m-items, en Ashaan Sebastian Greaver (o/14) het die kroon in die 300m-hekkies in 44,40 gedra.

Lees ook: Local athletes hunt down the medals

Thabiso Matheba (o/14) het sy teëstanders in die 100m-hekkies met ‘n wentyd van 15,6 uitoorlê.

Ander Robbie-atlete wat eerste plekke behaal het, is Nqobile Mathoba (o/14, verspring), Markus Klopper (o/15, hoogspring), Nkosana (o/16, 100m), Darryl (400m), Amos Khoza (o/16, 800m), Tebogo Maseema (o/17, versrping) en Lusanda Mbatsane (o/17, verspring).

“Die verspringatlete het ‘n baie goeie dag op die veld beleef en ons is opgewonde oor die vordering wat hulle toon. Hierdie uitslae tel as een van ons topprestasies van alle tye. Volgende jaar gaan ons die wisseltrofee sterk verdedig, en hopelik kan ons algehele posisie teen die grootskole ook verbeter,” het Van der Merwe gesê.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
NHS se atlete is tops in Randburg