Luister na Jan Publiek sê hof vir SANParke

Inwoners van Tokai het vandeesweek in Tokaipark bymekaar gekom op die herdenkingsdag van 'n misdaadslagoffer se afsterwe terwyl 'n hof oor die toekoms van die denne besluit het.

KAAPSTAD – Die Kaapse Hooggeregshof het verlede week uitspraak gegee in die hofsaak tussen  Mountain to Ocean (MTO) en SANParke versus Parkscape. Daarvolgens moet SANParke ophou om bome uit te kap in die Tokaibos.

Vir eers sal die kettingsae stil moet wees totdat die Openbare Deelnemingsproses voltooi is.

Die uitkap van dennebome het verlede jaar in Augustus begin, maar is stop gesit toe Parkscape die aangeleentheid hof toe geneem het op sterkte daarvan dat SANParke nie die 2006-ooreenkoms om die gemeenskap te raadpleeg, in ag geneem het nie.

Klik  om ‘n video te sien van die dag toe SANParke die bome begin uitkap het

Parkscape is ‘n gemeenskapsgebaseerde omgewingsgroep in Tokai. Hulle het aangevoer dat SANParke vantevore onwillig was om met die gemeenskap oor die aangeleentheid in gesprek te tree.

Die jaarlikse blomme- en linte herdenking van Franziska Blochliger se afsterwe tydens ‘n misdaadvoorval het vroeër vandeesmaand plaasgevind.

Die groep is meer as tien jaar gelede gevorm toe die lewe van Franziska Blochliger tydens ‘n misdaadvoorval in die bos geneem is. Die Linte-hek hiernaas is  die plek waarrondom die gemeenskap jaarliks aan haar nagedagtenis eer bring.

Volgens die omgewingsgroep het hulle ‘n oorwinning behaal vir die reg vir almal om gehoor te word. SANParke moet ook die koste betaal en is nou wettiglik verplig om met die groep te konsulteer.

Die groep se voorsitter, Nicky Schmidt, sê dat hulle nie bloot bome wou red nie, maar ook vir die gemeenskappe regte wou beding om hul sê in omgewingsake te kan sê.

Vir Schmidt bewys die uitspraak dat Suid-Afrika se regstelsel duidelik aandui dat regeringsagentskappe moet besef hulle kan nie die wet in eie hande neem nie.

Dit is volgens haar omgewingsgroepe se goeie reg om aan te dring op ‘n volle Openbare Deelnemingsproses en indien die geleentheid wel daar gestel is, dat daar volledig van gebruik gemaak moet word.

Tans is daar twee Laeveld-omgewingsake op die tafel waartydens ‘n staatsinstelling met belangstellende en geaffekteerde partye moet onderhandel tydens ‘n openbare deelnemingsproses.

Infografika: Elbé Meyer

Op die tafel vorentoe is die Openbare Deelnemingsproses oor die langtermyn ontwikkelings- en bestuursprogram vir tien jaar wat vanaf Aprilmaand deur die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) uitgerol gaan word.

Die NKW het reeds die proses bekend gemaak via ‘n artikel in Laevelder waarvolgens die publiek vanaf April en Mei kan deelneem aan die daarstelling van die NKW se tienjaar bestuursplan.

Belangstellendes sal kan registreer om deel te kan neem aan vergaderings en inligtingsessies.

Die NKW het onderneem om betyds inligting oor registrasie rondom  hierdie deelname bekend te maak.

Nog ‘n NKW-ontwikkeling waarby die openbare deelnemingsproses betrokke is, is die nuwe Shangoni-hek ontwikkeling waarvoor belanghebbende en geaffekteeerde partye voor 17 Maart moet registreer om inligting te ontvang om deel te word van die proses.

‘n Vergadering word op 16 Maart om 10:00 in die Mopani-kamp aangebied deur die fasiliteerders van die proses, Envirolution. Meer inligting kan by Thabang Sekele by 0861 44 44 99 verkry word.

Op openbare aandrang wat verlede jaar vir die eerste keer op 11 November uitgespreek is deur omgewingsgroepe, hou die bestuur en wetenskaplikes van die NKW Saterdag ‘n  inligtingsessie rakende die uitdunning van diere en donasies van vleis aan gemeenskappe wat tydens die droogte in 2016 plaasgevind het.

Klik hier en lees meer oor die uitdunning en geskenke.

Dit word om 11 Maart om 10:00 by die Nombolo Mdhluli Konferensiesentrum aangebied. RSVP by Lesley Nyawo by 013 735 4358.

 

  AUTHOR
Elize Parker
Environmental Journalist Lowvelder

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Preview: Kruger culling and meat gifts under debate

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other