NHS-hokkiespanne is tops

Die wintersportspanne het Dinsdag in die eerste ronde van die Tuks-skolereeks teen HTS Middelburg te staan gekom.

Dit was ‘n welkome veertjie in die dogtershokkiespanne se hoed wat uithalervertonings gelewer het deur sewe wedstryde oortuigend te wen, en net een gelykop te speel.

Die eerstes het in die eerste helfte vier doele aangeteken met HTS wat in die 11de minuut van die tweede helfte, hul eerste en enigste doel gemoker het.

Drie uit vier van die seuns-hokkiespanne het as wenners uit die stryd getree met net die tweedes wat met 3-0 vasgeval het.

Daar moet melding van die netbalspanne, veral die eerstes gemaak word. Alhoewel die dogters die kragmeting met 28-21 verloor het, was hulle kort-kort op HTS se hakke.

Verdedigende vleuel van NHS, Tania Hlabane was haar span se goue speler. Sy het een na die ander bal by haar teëstanders afgevat. Die lenige doel en hulpdoel, Inge Jansen van Vuren en Linmari Potgieter was goud werd vir NHS onder die net.

Inge was met 14 balle suksesvol en net vier gemis. Spanmaat Linmari het sewe doele aangeteken en net vier verbrou.

Tuksreeks se naaswenners, die KMIA Rhinos XV, het uiteindelik 25-22 teen die Rooi Bulle vasgeval.

“Hulle het ons fair en square gewen. Ons was nie op vorm nie. Ons het ons kanse gehad, maar ons het dit nie gebruik nie. Aan die einde van die dag is ons uitgestof,” het die afrigter van die Rhinos, Gerhard Holtzhausen gesê.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Vier van NHS in aksie