Ope-spanne steeds onoorwonne

Dié skool se A-spanne het geen genade getoon nadat hulle met Penryn en Uplands Preparatory en Laerskool Bergland afgereken het nie.

Ook die B-spanne het maklike oorwinnings teen Bergies, Penryn en laerskole Laeveld en Witrivier behaal.

“Ons wag nou om te hoor wie ons in die halfeindstryd moet aandurf. Die dogters het egter nie so goed gevaar nie. Curro se o/11 A-en B-spanne het ook hierdie seisoen nog nie een keer die knie moes buig nie, maar dit is net ‘n vriendskaplike liga,” het Estelle le Roux van Curro gesê.

Uitslae
Ope-spanne
Curro A 36 vs. Penryn 13
Curro A 47 vs. Uplands B 2
Curro A 44 vs. Bergland 5
Curro B 40 vs. Bergland 9
Curro B 45 vs. Laeveld 4
Curro B 42 vs. Witrivier 6
Curro B 36 vs. Penryn 12

O/11-seuns
Curro A 42 vs. Penryn 0
Curro A 32 vs. Laeveld 11
Curro A 36 vs. Nelspruit Primary 6
Curro A 36 vs. Uplands 6
Curro B 26 vs. Laeveld 16
Curro B 39 vs. Tenteleni 3
Curro B 31 vs. Uplands 11.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Sabie hosts tournament