Plaaslike stoeiers druk stempel af

Triston Kleynhans, Reghardt Vermaak, Shilo Matane, Vee-Andre Swanepoel, Basie Matane, Christo Nagel en Bione Kleynhans het tydens die Mpumalanga Ope Stoeitoernooi sake op die mat uitgespook en het elk podiumplekke behaal.

Triston, Reghardt en Shilo het in die vrystylafdeling goue medaljes verower terwyl Vee-Andre, Basie, Bione en
Christo in Grieks Romeins tweede plekke behaal het.

Christo het nóg ‘n medalje in vrystyl om sy nek gehang toe hy ‘n derde plek op die podium ingeneem het.

Twee stoeiers wat reeds vanjaar groot opspraak in die stoeikringe verwek het, Christo en Basie het in seker een van die opwindendste kragmetings van die dag om die silwermedalje meegeding.

Basie het dié naelbytstryd gewen. Twaalf van NSK se stoeiers het na afloop van die Oos-Gautengse Ope in Benoni met 11 medaljes teruggekeer Laeveld toe.

Christo het twee medaljes, een goud en een silwer, verower terwyl sy spanmaats, Bernard Kotzé (brons), Carl Myburg (silwer), Jean Erasmus (silwer), Triston (silwer), Charlize Kotze (silwer), Reghardt (silwer) en Lourens (goud en silwer), ook op die podium gestaan het.

Die klub oefen Maandae en Woensdae van 17:30 tot 19:30 by Mbombela Stadion. Enige belangstellende stoeiers kan Arno Kleynhans by 082-712-8598 of Hansie Kruger by 076-788-7992 vir meer inligting skakel.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Strawwe stryd vir stoeiers