Rugbyweek se spelers vir toer geslyp

Bouts Botha.

Aanskoulike rugby is op laasgenoemde se drie velde deur deelnemende skole se o/14-, o/15- en eerste spanne gespeel.

Die gasheerskool het op dag een reeds ‘n standpunt gemaak toe hulle Merenksy se o/15’s 38-0 geklop het. Hulle eerstes kon net-net die wa deur die drif trek met ‘n telling van 27 teenoor Sybrand (tweedes) se 20. Uplands het egter erg kleigetrap toe Fichardpark hulle ore aangesit het, met ‘n telling van 32-8. Oosterland se eerstes het ‘n nederlaag gely toe Rob ondanks swak hantering en wisselvallige skopwerk, steeds daarin kon slaag om hulle met 76 punte te klop. Hulle o/15’s het ook op dag twee vir HTS Carel de Wet met 58 punte verslaan.

Sien ook: In foto’s: Rugby aksie van die Danie Rossouw week

Curro College Hazeldean se eerstes het egter met die louere weggestap toe hulle teen Rob se tweedes te staan gekom het. Uplands se eerstes het Kanonkop 12-0 geklop, terwyl Sybrand en Rob se eerstes op die dag teen Oosterland en Fichardpark onderskeidelik gesukkel het.

Barberton se o/15’s het Rob se B-span met ‘n telling van 38-10 gewen, terwyl eersgenoemde se o/14’s gelykop teen Witbank gespeel het. Die wedstryd tussen Rob se o/14’s en Ben Viljoen het ook sonder ‘n telling geëindig.

Tydens die laaste dag, het Oosterland se eerstes teruggeveg en vir Rob se tweedes met 28 punte geklop. Laasgenoemde se eerste span het egter vir Kanonkop 40-5 gewen. Sybrand se eerstes het ‘n nederlaag van 73-0 teen plaaslike mededingers Uplands gely. Rob se o/15’s het vir Brandwag met 61 punte geklop, maar Barberton het met 17 punte teen Curro Hazeldean verloor. Nog ‘n nederlaag is deur Barberton se o/14’s gely toe Rob hulle met 62 punte gewen het. Die gasheer se (o/15) B-span kon egter nie die mas opkom teen Ben Viljoen se A-span nie.
Onder die deelnemers is daar twee toerspanne, ‘n junior en senior span gekies, wat in Oktober vanjaar na Engeland sal toer.

Bogenoemde spelers sien uit na drie tierwedstryde, ‘n besoek aan Twickenham Stadium en ‘n reis na die Big Ben en
Londen Eye.

Die spelers wat na afloop van die week vir die toer gekies is, is in die nuutste uitgawe van Laevelder beskikbaar.

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Pilot revels in the open skies