Lekkerbekke beproef Explorers se paasbuffet

Die Laeveld Lekkerbekke wys graag sy waardering vir ‘n lekker aansitete. Sameroeper Dalene Ludick met Nonthando Sambo van Explorers en Marius de Beer van Distell.

MBOMBELA – Weet ook dat jy nooit iets van alles sal kan eet nie – al het jy jou R155 betaal. Die keuses is gewoon net te veel.

Om die meeste van die verskeidenheid te maak, moet jy met ‘n plan eet. Toe die Laeveld Lekkerbekke onlangs daar was om bietjie te proe en die mening te lug oor die paasbuffet wat tans by Emnotweni op aanbod is, het ek my ete in ‘n reeks klein gange verdeel – agt daarvan, elke keer op n nuwe bord. Selfs toe kon ek seker net die helfte van die geregte op aanbod proe.

Soos by ‘n outydse hotel het ek begin by die sop, ‘n lekker dik chowder of soetmieliesop – tradisioneel aan die Amerikaanse diep suide.

Drie van die oorspronklike vier stigters van die Laeveld Lekkerbekke – dit was bykans vyf jaar gelede, was dié keer saam by die geleentheid. Fanus Cloete, Buks Esterhuizen en Marius Bakkes.

My visgereg was die warm Weskus-mossels in ‘n witwyn-en-knoffelsous of jus, soos die koskenners dit noem. Met moeite het ek by die salm en roomkaas verbygegaan, want dit was nog vroegaand – die aanhef het nog voorgelê.

LEES OOK: Ontmoet die Laeveld Lekkerbekke

‘n Varserigheid, die derde gang, was die slaaitafel. Net twee uit ‘n keuse van sewe besondere slaaie: Die Caprice-slaai, mozzarella, tamatie en basiliepesto en die rooibeet met feta en roket. My vierde gang was die doeksagte osso buco.

Baie lekker. Die gereg word soms ook met beesstert afgewissel.

Die gerookte eisbein – wel ‘n kleintjie met ‘n besondere lekker romerige appelbiersous, het amper my brawe poging om ‘n sesgang- maaltyd van die buffet te maak, gepootjie. Dit was net te lekker en ek moes met moeite nog plek hou.

Die wyn was Zonnebloem se nuwe byder-wetse Place In The Sun-reeks. Voorgesit was ‘n besondere lekker ongehoute Chardonnay.

Weskusmossels en rooiwyn.

Dit is beslis iets wat my ander gunsteling Chardonnays, Graham Beck se Riverside White en Spier se ongehoute Chardonnay goeie mededinging gee. Die rooiwyn was ‘n Merlot – ligter as die Zonneblom Merlot uit dieselfde stal, maar ideaal vir ‘n soel Laeveldse aand met goed gegeurde rooivleise op die bord.

My sewende gang was die hoogtepunt van die aand. Gebraaide skaapboud swaar gegeur met roosmaryn met ‘n lekker groot skepsel mentjellie tesame met met brosgebraaide artappels.

LEES OOK: Lekkerbekke verken ‘n keurige spyskaart

Soms word daar negatiewe dinge oor die Engelse kookkuns gesê, maar die kombinasie van ‘n mentsous of -jellie met ‘n stukkie gebraaide skaap, bly van die beste ooit!

Soos ek verwag het, was die nageregbuffet net soveel van oordaad. Vir my agtste gang het ek volstaan met die heerlike gebakte vla- en-karamelsouspoeding – koud bedien soos op die Portugese manier.

Twee Laeveld Lekkerbekke wat sedert die eerste byeenkoms deel was van die broederskap is die bekende Nelspruiters, Santie en Elie Fourie. Die keer was hulle skoondogter Michelle en seun Nick op besoek uit Amerika ook by.

As ek kritiek moet lewer, sou my grootste klagte wees dat Chef Thomas sy hand bietjie oorspeel met die sout: met die sop, die mossels en met die eisbein – maar dit is my persoonlike smaak. Ander hou weer daarvan so.

LEES OOK: Die Lekkerbekke eet op baie plekke

Maar wat sê die ander. Die Lekkerbekke beproef gereeld van die buffette en spesiale Sondag-aansitetes op aanbod in die Laeveld. Punte uit 20 word toegeken na gelang van atmosfeer, gehalte van die kos en natuurlik, die prys. Dit is die mening van 30 wat geëet het. Explorers kry 12,4 uit 20.

Dit teenoor die Sondagbuffet by die Boskombuis by Bushveld Lodge wat 14,7 gekry het en A Bica by Belladonna se 16,7.

Uit die beoordeling was dit duidelik dat Explorers as uitstekende waarde vir geld gereken is.

Leon Oelofse, Dawie en Charmaine Human, Ronel Oelofse saam met Hannelie en Meyer Odendaal.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Ikoon vertel gehoor om vir hulle ‘n hoedjie te kry

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other