Leser se brief: Moenie net kritiseer nie, doen jou deel!

Mense wat die DBV kritiseer omdat hulle diere so uitsit, het geen idee wat se moeilike en hartseer werk daai mense het nie. Wat dink julle moet hulle met al die diere doen wat by hulle weggegooi word?

Hulle het net sovéél hokke en as die hokke vol is, moet die diere uitgesit word (of kom ons noem dit op die man af – doodgemaak word).

So baie honde word voor elke skoolvakasie by die DBV se deure gelos, en dit is daardie mense wat in jou troeteldier se hartseer-ogies moet kyk terwyl hulle die doodsnaald moet toedien. Nie jy wat hulle net weggegooi het, oor jy nie moeite wil doen met ‘n oppasser nie.

Ook word hulle gekritiseer omdat hulle so ‘n streng aannemings-beleid het. Natuurlik gaan jy ‘n gesteriliseerde dier ontvang.

Daar is te veel oulike babakatjies en -hondjies wat nie huise kry nie en beland op die ou end weer terug by die DBV se uitsittafel.

As jy as individu jou deel wil doen deur katte en honde van verwaarlosing en uitsit te red, steriliseer jou eie diere.
As jy ‘n verskil in ‘n hond se lewe wil maak, praat met jou huishulp, tuinier, plaaswerker, kollega en of skoolvriend.

Sê vir hulle dat enige troeteldier drie basiese behoeftes het naamlik kos, water en skuiling.

Liefde is ook nodig en sterilisasie is noodsaaklik. En rapporteer enige vorm van wreedheid teenoor diere.

As jy stilbly, is jy eintlik net so skuldig. Die woord sal versprei en opvoeding is al wat gaan help.

So baie honde in ons land se hele lewe bestaan uit ‘n meter-by-meter-spasie aan ‘n swaar ketting met ‘n draad om sy nek. Hulle is gelukkig as hul nou en dan kos en water kry.

Dit is ‘n wrede en eensame lewe. Moenie telers ondersteun nie. Hulle het nie ‘n saak waar hulle wyfiehond se kleintjies gaan nie, hulle soek net jou geld. En hoe sal jou liggaam voel as jy elke jaar vyf kleintjies moet kry?

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Some relief for first time home buyers