Johnny behaal ‘n podiumplek in Afrika

Johnny Smit.

Afrigter van Nelspruit Stoeiklub, Hansie Kruger het vir die derde agtereenvolgende jaar as die hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse span saam gereis. Johnny was ook in 2015 deel van die span, maar kon daardie jaar nie ‘n podiumplek verower nie.

Johnny het die oorhand teen sy opponent van Marokko gehad en het met 12-8 voorgeloop. Sy teëstander het kort voor die einde hom gepen en die telling was 12-elk.

Johnny Smit en Hansie Kruger.

Die laaste gooi het as ‘n vierpunt-aksie getel en so het die Marokkaanse stoeier die kragmeting gewen.

Johnny het in die halfeindstryd teen ‘n stoeier van Tunisië te staan gekom en was met 7-2 baas.

Die stoeier van Marokko het die Afrika-titel ingepalm.

Lees ook: Jong stoeier wys sy staal in Egipte

“Hy het uitstekend gestoei,” het Kruger gesê. Hy is die enigste Grieks-Romeinse stoeier in Suid-Afrika wat deur die Verenigde Wêreld Stoeiliggaam gekies is, om na afloop van die kampioenskappe vir ‘n sogenaamde meer-as-medaljes-oefenkamp agter te bly. Die kamp is deur Aka Vinsent, vir ‘n elitegroep stoeiers, aangebied met die oog op 2023 se Olimpiese Spele.” Die Suid-Afrikaanse kadetspan het vir die tweede agtereenvolgende jaar ‘n eerste plek behaal.

Hansie Kruger.

‘n Totaal van 12 stoeiers het Suid-Afrika in Marokko verteenwoordig.

“In die Grieks-Romeinsafdeling was slegs twee stoeiers in aksie en albei het derde plekke behaal. In die vrystyl, wat uit 10 verskillende afdelings bestaan het, het Suid-Afrika vyf goue, drie silwer- en twee bronsmedaljes gewen.

Lees ook: Groot eer val plaaslike afrigter te beurt

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Nóg ‘n silwer vir Faantjie