Weggooidoeke en onwettige myners besmet rivierwater

Meer as 250 visse is onlangs by Louisville dood as gevolg van chemikalieë wat onwettige myners gebruik.

MBOMBELA – Weggooidoeke, onwettige sand- en goudmyners en rou riool besoedel die Krokodilrivier al hoe meer.

Dié faktore is uitgewys in verskeie verslae wat by ‘n onlangse  vergadering aan die Krokodil-rivierforum voorgelê is.

Caroline Thowana van die bestuurs-agentskap van Inkomati/Usuthu-opvangsgebied (IUCMA) het aan die sowat 40 lede van die forum gesê dat chemikalieë in die rivierwater verantwoordelik was vir meer as 250 visse wat onlangs by Louisville dood is.

Die middels kan arseen insluit. Onwettige myners gebruik dié gifstof om goudklonte te verwerk.Daarna word die goud en rotse in die rivier afgespoel.

Onwettige mynbedrywighede in die Laeveld los nie net letsels in die omgewing soos teen hierdie berg nie maar beinvloed ook rivierwater.

LEES ook hoe onveilig onwettige myners dorpe in die Laeveld maak

Die voorsitter van die forum, Theo Dormehl, ‘n kenner op die gebied van waterontleding, het daarop gewys dat sulke swaar metale in water ‘n langtermyn-neerslag in die brein tot gevolg het en waterverbruikers se gesondheid nadelig kan beïnvloed.

Verteenwoordigers van IUCMA het daarop gewys dat die bou van woongebiede sonder dat voorsiening gemaak word vir rioolverwydering, een van die grootste probleme is en bly.

Onlangs is daar weer in die informele Entokozweni- woonbuurt begin met die oprigting van drieverdiepinghuise op die vloedlyn.

Van die huise in Entokwozeni se riolering skakel met die buurt se rioolnetwerk in, maar daar is ook huise waarvan die rou riool direk in die rivier gestort word.

“Hierdie onwettige gebruike is al vele keer met munisipaliteite bespreek, maar geen resultate is behaal nie,” het Dormehl gesê.

Rou riool lê soms lank in septiese tenks . Inwoners sê dis te duur om dit te diens.

“Die weggooidoeke is ‘n groot uitdaging,” het Thowana gesê.

Volgens haar is die E.coli-tellings van die middel en boonste gedeelte van die rivierwater hoër as aanvaarbare gesondheidsvereistes.

“Dit kan toegeskryf word aan rioolmangate en pompstasies wat nie werk nie sowel as rioolsuiweringwerke wat net gedeeltelike behandelde riool in die rivier stort.

‘n Verdere bydraende faktor is sand wat onwettig uit die Krokodil-rivier gemyn word. Dormehl het verduidelik dat buitebande dikwels deur onwettige sandmyners op rotse verbrand word om dit op te breek en sand makliker uit te grawe.

LEES hoe onwettige sandmyners ons riviere skade aandoen

  AUTHOR
Elize Parker
Environmental Journalist Lowvelder

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_small Autodealer.co.za
Top
Next Story x
‘n Driekuns vir Laerskool Bergland

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other