Jan Braai deel sy geheime vir die Laeveldse braaikoning(in)

MBOMBELA – Dié bekende braaier het Laevelder te woord gestaan voor hy Vrydag,  tydens die Minibos-makietie en amptelike Innibos-programbekenstelling by Hoërskool Bergvlam, die Die Laeveldse braaikoning(in) sal aanwys.

Waarna is jy opsoek in die Laeveld se Braaikoning?

Die bosveld se beste braaier! ’n Man of Vrou wat uitstaan bo alle ander en absolute unieke braai talente ten toon stel.

Hoe voel jy oor spanbraaie – bederf te veel braaiers nie die vleis nie?

Nee wat, hoe meer hoe beter maar dit is altyd goed as daar een persoon in beheer is, anders raak dinge dalk wel deurmekaar soos Springbok rugby.

Hoekom is ‘n braai in SA anders as ‘n braai op ander plekke, soos bv. Austrialië?

Want per definisie is Suid Afrikaners beter mense en ons doen dinge beter as enige ander land, veral as Australië. Hulle spesifiek braai nie regtig nie, hulle barbecue met gas. Mens kannie lekker staan om ’n gas barbecue nie en die vleis proe ook nie lekker na braai nie.

Wat is die vreemdste ding wat jy al gebraai het?

’n Vegetariese stuk “boerewors”. Ek het absoluut geen probleem met ’n vegetarier nie en braai self gereeld groente en is lief vir groente potjies, mieliepap en braaibroodjies. Dit is vir my wel baie vreemd en gladnie natuurlik nie om groente te vat en dit dan te manipuleer en prosseseer om soos vleis te lyk en proe. Ander vreemde dinge was ’n skaap hart, hoender ingewande en ’n heel krokkodil op ’n spit.

Wat eet jy wanneer jy moeg raak om te braai?

Ek is baie lief vir pizza, indiese kerrie sowel as lekker behoorlike sushi.

Dit was baie visioenêr om braai.com as jou domain te koop, voor enigiemand anders. Hoe het jy dit reggekry om braai jou lewe en inkomste te maak?

Dinge het darrem nie met braai.com begin nie, die begin was Nasionale Braaidag. Een dag ’n jaar op 24 September waar die hele land almal saam verenig rondom vure, ons landsvlag swaai en lekker braai. Met die groei van die internet as bemarkings platvorm het ek gevoel dit is nodig om die braai.com domain te hê en toe koop ek dit, iets waaroor ek vandag bly is.

Jy het nou net klaargemaak met die Tour de Braai, ‘n nuwe initiatief. Die Laeveld is baie mooi. Wil jy nie die volgende een hier kom hou nie?

Ek braai en ry graag op enige plek in hierdie pragtige land van ons!

Lees meer oor die Minibos-makietie

Is jy dalk die #Rooirokbokkie?

Is jy dalk die #Rooirokbokkie?

Minibos-Makietie

Minibos-Makietie

Innibos gaan ‘n trappie verder met aanlynwinkel

Innibos gaan ‘n trappie verder met aanlynwinkel

Kry jou ou Innibos-gedenkhempies Vrydag

Elke span wat inskryf vir die braaikoning sal op die aand ‘n verrassingspakkie ontvang. Die grootste prys is welliswaar dat niemand met ‘n bewese braaikoning skoor soek by die braaivleisvuur nie. Die braaikoning wen ‘n DStv Explora, ‘n Hullets-geskenkpak ‘n kykNET-braaipakkie en ‘n ATKV-wegbreekvakansie.

Daar is nog ‘n paar plekke oop vir braaiers om in te skryf.

Registrasievorms vir die braaikompetisie kan gekry word by Alison Linde van Innibos, e-pos alison@innibos.co.za of bel 013-741-5294. Inskryfgeld is R500 per span.

  AUTHOR
Mireille de Villiers
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Kry jou ou Innibos-gedenkhempies Vrydag

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other