Daar word partytjie gehou, in ware Innibos-styl

MBOMBELA – Die langverwagte amptelike afskop van die aftelling na die 14de fees (vanaf 5 tot 8 Julie), vind vanaand by Hoërskool Bergvlam plaas.

Dié afskop-opskop beloof om alle inwoners met ‘n sokkie op die maat van Kurt Darren en Die Campbells se musiek in die gees van die fees te kry. Die Campbells se treffer het die kompetisie #Rooirokbokkie geïnspireer en geheime kriteria sal gebruik word om die gelukkige bokkie te kies.

Groot pryse is vir die #Rooirokbokkie op die spel, onder meer ‘n Hullets-geskenkpak, ‘n wegbreekkansie by ‘n ATKV-oord en ‘n R1 000-geskenkbewys van I’langa Mall.

Innibos, in samewerking met Laevelder, neem vanjaar sy betrokkenheid by die plaaslike gemeenskap ‘n stappie verder met die stigting van ‘n gemeenskapskas.

Die eerste rande gaan vanaand tydens die Minibos-makietie in die “Innibos-trommel” rol. Hoewel die konsert gratis is, word partytjiegangers gevra om elkeen ‘n pret-pet teen slegs R10 te koop en so ‘n bydrae tot die nuwe gemeenskapskas te maak.

Die bloedrooi pret-pette is “hoede” van geknoopte ballonne en is net die manier om die partytjiegees vir die aand aan te wakker.

Jan Braai gaan vanaand sy oordeel vel en besluit wie werklik die beste braaier in die Laeveld is. Die Laeveldse Braaikoningkompetisie skop reeds om 17:00 af wanneer die braaier – en sy ondersteuningspan – begin om die kole te stook.

Die braaikoning wen ‘n DStv Explora, ‘n Hullets-geskenkpak, ‘n kykNET-braaipakkie en ‘n ATKV-wegbreekvakansie. Daar sal ook ‘n lekker groot sentrale kuiervuur wees en in elke braaistasie sal plek vir sowat 25 mense wees wat kan saamkuier.

Boonop kan mense slegs by vanaand se Minibos goedkoper weekkaartjies vir die fees koop – teen slegs R350. Vanjaar word ook ‘n groot verkoping van vorige feeste se T-hemde en pette gehou. Alle hemde sal slegs R50 vir volwassenes en R40 vir kinders kos. Pette sal teen R20 elk verkoop.

Alles wat jy oor vanaand moet weet:
• Bring ‘n kampstoel of kombers saam
• Daar gaan 20 braaispanne wees wat meeding om die Braaikoning/in te wees. Daar is egter ook vure beskikbaar vir die res van die feesgangers. Bring ‘n vleisie om op die kole te sit
• Bergvlam gaan wel kos verkoop
• Daar is ‘n biertent beskikbaar
• Onthou om ‘n geldjie saam te bring om jou pret-pet te koop
• Die finaliste in die braaikompetisie word om 20:00 aangekondig en die wenner om 21:00
• Onthou die T-hemp-uitverkoping
• Onthou die afslag op feesterrein-kaartjies. Net R350pp vir ‘n weekkaartjie. Dit is slegs vanaand beskikbaar en daar is net 500
• Kurt, die Campbells en Pieter Koen is gereed om ‘n lekker partytjiegees te skep
• Makietie begin om 18:00
• Honde word nie op die terrein toegelaat nie.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Vlammies athletes set track ablaze

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other