Ontsnapte NKW-buffels in Marlothpark word geskiet

Buffels is gevaarlike diere. Foto is slegs ter illustrasie.

MARLOTHPARK – Sommige inwoners was geskok toe drie buffels wat van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) na die Henk van Rooyen-woonwapark ontsnap het, Dinsdag van kant gemaak is.

Laevelder het by die betrokke owerhede gaan uitvind hoekom die diere geskiet is.

Jan Muller van die Mpumalanga Toerisme- en Parkeraad (MTPA) het verduidelik dat SANParke eienaarskap van die diere verloor sodra hulle deur die grensdraad breek. In sommige gevalle, soos die onlangse ontsnapping van vyf leeus, span die MTPA en SANParke kragte saam om die diere weer te vang.

LEES: UPDATE: Last of Kruger 5 most likely found his way across N4

Muller het benadruk dat buffels ‘n groot bedreiging vir mense inhou en dat hulle nie daardie klas van diere (soos olifante en leeus) in Marlothpark toelaat nie.

“Ons reageer op sulke gevalle as mense dit aan ons rapporteer, anders tree die departement van dieregesondheid kragtens die Wet op Dieresiektes op. As ons kan, probeer ons die diere vang en terugneem, maar soms moet ons hulle vernietig,” het hy gesê.

Volgens ‘n bron in die departement van dieregesondheid is dit vreeslik duur om buffels te verdoof en ook baie gevaarlik. “Wat mense in Marloth gewoonlik doen, is om nader te stap en foto’s te neem sodra die diere deurbreek. Party is beseer en dan selfs gevaarliker.”

LEES: Losloperleeu kry dorp aan die gons

Daar is al ‘n paar keer gepoog om buffels terug te jaag wildtuin toe, maar dit stel amptenare se lewens in gevaar en hulle het daarom besluit om eerder hierdie buffels van kant te maak.

Indien inwoners of besoekers merk dat ‘n gevaarlike dier deurgebreek het of sien dat die heining iewers stukkend is, kan hulle dieregesondheid by 083-408-2910 of die parkeraad by 013-759-5300 skakel.

  AUTHOR
Retha Nel
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
SAPS Clerk found guilty of fraud