Stil reuse van die veld sy lewenswerk

Dr. Sam Ferreira, tweede van links

SKUKUZA – Soek jy dr. Sam Ferreira is die moontlikheid groot dat jy hierdie olifantnavorser nader aan die grootvoete as tussen mense gaan kry.

“Ons leer hoe om mens te wees deur na stories te luister. En om mens te wees, is kompleks,” sê Ferreira, hoofwetenskaplike van die departement grootsoogdier-ekologie van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW).

Uit sy pen het onlangs ‘n bundel anekdotes en verhale verskyn met die titel, Back to your future: Chronicles of a privileged primate. Dit is uitgegee deur MLP Media.

Hy skryf as bewaringsbioloog oor omgewingskwessies soos klimaatsverandering, olifantsensusse en renosterstroping. Ferreira het onder meer ervaring as robsensusopnemer en moordvisnavorser.

HOE raak klimaatsverandering die wildtuin se kremetarte?

Stories oor sy ervarings in hierdie en ander bewaringsvelde word soomloos saamgeweef om ‘n boodskap oor bewaring en biodiversiteit uit te dra.

WAT Sê Sam Ferreira oor olifantuitdunning?

“Ons beskawing het gevorder tot waar hy nou is deur stories,” meen Ferreira.

Dis ook hoekom hy ook dié vertelmedium gekies het om ingewikkelde wetenskaps-begrippe rondom bewaring oor te dra.

Sy vriend, Quinton Coetzee, het hom nog altyd aangemoedig om te skryf. Hy het hom in 1985 ontmoet toe hulle deel was van ‘n navorsingspan op Marion-eiland.

“Dis ‘n geïsoleerde plek. Destyds het die skip jou afgelaai en eers 10 of 11 maande later weer kom haal.”

Marion-eiland

Hy het nooit spesifiek daaraan gedink om te skryf nie. Toe ‘n tydskrifredakteur, Erika Alberts, hom egter nader om iets meer lesersvriendelik oor olifante te skryf, het hy selfvertroue gekry.

“Ek het daai storie op ‘n Sondagoggend in my studeerkamer begin. Die middag het ek dit in die Nwatshitshaka klaargemaak. En dit het lekker gevoel.”

Hierna het vele ander vir tydskrifpublikasies gevolg. Hierdie stories wissel van erns tot humor. Daar word vertel van krokodille wat valhokke fnuik, karakters soos oom Manie wat koedoebulle onder druk moet tel en die kuns om moordvisse na te vors.

Hy het aanvanklik die verhale vir Coetzee voorgelê. Op ‘n dag het hy laat weet: “Sit dit in ‘n boek!”

Hy vleg ook sy ervaring as bioloog in die verhale in. Hy het sy veldwerk vir sy doktorale studie in die woude van
KwaZulu-Natal gedoen. Hy was ook betrokke by die uitroei van ‘n té hoë bevolking wildekatte op Marion-eiland.

Deesdae vind jy hom naweke in die wildtuin waar hy op ‘n kampstoeltjie êrens in die bos onder ‘n boom gaan siten dink, en beslis ook skryf.

“Ek het op daai eerste Marioneiland-besoek gedigte geskryf. Dit het amper in ‘n manier van dagboek hou ontwikkel, veral toe ek later jare Afrika met olifantnavorsing deurreis het. My notaboekie was deel van my kampgoed. En in die aande, met ‘n koplampie, het ek lyntjies geskryf wat die ritme van die dag probeer vasvang.”

Dis dié dat jy hom nou weer rustig tussen die olifante sal kry met ‘n skootrekenaar en notaboek.

Die bekoring van die grootvoete en nou ook skryf, het gekom om te bly.

• Navrae oor die boek kan aan sam.ferreira@sanparks.org gerig word.

LEES meer oor dr. Ferreira se loopbaan as wetenskaplike

  AUTHOR
Elize Parker
Environmental Journalist Lowvelder

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
One person killed after a fuel tanker and a vehicle collided

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other