Brand woed vroegoggend by Lodge, oorsaak onbekend

HAZYVIEW – ‘n Brand wat omstreeks 4:00 vanoggend in die openbare areas van die Lion Sands River Lodge uitgebreek het, het onder meer gebruiksareas van die Lodge soos die sitkamer, ontspanningsareas buite en die kuriowinkel verswelg voordat pogings deur die personeel om die brand te blus, geslaag het. Grootskaalse skade is aangerig.

“Dit is duidelik die goeie opleiding en weerbaarheid van die personeel het daartoe bygedra dat die brand nie verder versprei het nie,” het Michelle Damaskinos van die Lodge se media-afdeling aan Laevelder gesê.

“Ons is dankbaar vir al die ondersteuning wat ons kry en trots op die spanpoging om hierdie krisis die hoof te bied.”

Niemand is in die voorval beseer nie. Die oorsaak van die brand moet nog bepaal word en die brandskade se koste  sal eers oor ‘n paar dae vasgestel kan word.

Robert More, eienaar van die Lodge, het sy dank uitgespreek teenoor die personeel vir hul vinnige optrede.

Reëlings word tans getref om alternatiewe akkommodasie aan gaste te bied. Volgens More sal die Lodge waarskynlik eers weer teen einde Augustus sy deure kan oopgooi.

LEES meer oor hoe die slagoffers van die Knysna-brande steeds ondersteun kan word

 

  AUTHOR
Elize Parker
Environmental Journalist Lowvelder

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_small Autodealer.co.za
Top
Next Story x
UPDATE: Hi-Tech security officer killed

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other