Tien topkunstenaars hou Makiti

Snotkop is een van die topkunstenaars wat die skare gaan vermaak tydens die Maroela Makiti.
Snotkop is een van die topkunstenaars wat die skare gaan vermaak tydens die Maroela Makiti.

Hou jou dagboek op 31 Januarie en 1 Februarie vir die Maroela Makiti oop. Daar gaan hope te eet en drinke wees en genoeg stalletjies om deur te snuffel om jou en die kinders besig te hou. Die fees word deur die Nederduitsch Hervormde Kerk in Nelspruit gehou en is hierdie jaar by Hoërskool Bergvlam.
Die organiseerders het 10 van die top Afrikaanse kunstenaars in die land bepreek wat vanaf 17:00 tot 22:00 op die twee aande gaan optree.
Daar gaan elke aand vyf kunstenaars optree en kaartjies kos slegs R70. Die program maak voorsiening vir oud en jonk, en vir alle musieksmake.
Vrydagaand lyk die program so:
17:00 Evert Swart
18:00 DJ Ossewa
19:00 Jannie Moolman
20:00 Riana Nel
21:00 Snotkop.
Saterdagaand is hierdie kunstenaars aan die beurt:
17:00 Armand, die singende Cowboy
18:00 Juba
19:00 Glaskas
20:00 Mathys Roets
21:00 Bok van Blerk,
Navrae: Mantoine van Biljon by 072-278-4526 of info@mbpromark.co.za.

COMMENTS

International News

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaDealfinderAutodealer.co.za
Top