All Stars verower plaatbeker

Petresco Jardim, Christiaan Greyling, Dylan Sjoblom, Ruan Briel, Ludwiche van Deventer (hoofafrigter en stigter van SA All Stars-sewesrugby), Kyle James, Gerhard van Rooyen en Shandro van Rensburg.

Hulle was deel van die SA All Stars-toergroep wat aan die o/19 Dallas-sewestoernooi, wat Julie in Texas beslis is, deelgeneem het.

Die opgewonde groep jongmanne het 11 Julie na Atlanta, Amerika vertrek. Daarna het hulle na Houston gevlieg en per bus na Dallas gery. Daar het die spelers in die luukse Double Tree by Hilton tuis gegaan.

Dallas Quins Rugbyklub, in samewerking met een van Suid-Afrika se bekende sportpromoters, Willem Strauss het die toernooi aangebied.

Verskeie wedstryde is teen spanne van Amerika en ander Suid-Afrikaanse uitnodigingspanne gespeel.

Die SA All Stars was in 10 wedstryde in aksie waarvan hulle ses gewen, drie verloor en een gelykop gespeel het.

Hulle het die plaatbeker omhoog gehou nadat hulle teen die SA Rhinos met 21-14 afgereken het.

“Op ons af dae het ons Amerika gaan verken. Ons het ‘n rodeo bygewoon, die bekende televisiereeks, Gas Monkey se winkel, asook die gevreesde pretpark, 6 Flags over Texas besoek.

“Dit was ‘n reusesukses. Die SA All Stars-sewesprogram fokus op die identifisering en ontwikkeling van talentvolle rugbyspelers,” het die afrigter en stigter van die program, Ludwiche van Deventer gesê.

  AUTHOR
Carli Koch
Sports Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
VIDEO: Baby rhino discovers snow

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other