Koop ‘n Afrikaanse boek en bevorder die taal

Op 14 Augustus 1875 is die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl gestig en so word ‘n amptelike geboortedatum aan die taal gegee – alhoewel die wortels van Afrikaans veel dieper as 1875 lê.

Presies 100 jaar ná die stigting van die GRA is die Afrikaanse Taalmuseum amptelik in die Paarl geopen.

Dit staan ook as die Gideon Malherbe-museum bekend en maak deel van die Taalmonument uit.

Met hierdie belangrike datum in gedagte, het die Vriende van Afrikaans (VVA) in 2005 besluit om 14 Augustus ook die jaarlikse Koop-‘n-Afrikaanse-boekdag te maak. Die VVA is ‘n organisasie wat op verskeie gebiede hard werk om die taal te bevorder en is in 1993 op Stellenbosch gestig.

Die doel met die Koop-‘n-Afrikaanse-boekdag is om Afrikaanssprekendes aan te moedig om skrywers, boekwinkels en uitgewers te ondersteun met die aankoop van ‘n Afrikaanse boek. Baie deelnemende boekwinkels bied dan afslag aan op dié boeke.

Bargain Books in i’langa Mall is deel van hierdie inisiatief en bied gedurende die hele maand van Augustus 10 persent afslag op Afrikaanse boeke aan.

Omdat skrywers tantième op elke boek wat verkoop word verdien, en uitgewers en boekhandelaars afhanklik is van mense wat dit moet koop, en die lesers uiteindelik baat by die boek wat hulle lees, of die bydrae wat dit tot ‘n kind se lewe maak, strek die positiewe rimpelings van die Koop-‘n-Afrikaanse-boekdag ver en wyd.

Nie net is daar honderde fantastiese boeke wat wag om gelees te word nie, maar deur ‘n Afrikaanse boek te koop en aan iemand te skenk wat dit dalk nie self kan bekostig nie, kan enigeen tot die sukses van hierdie dag bydra.

Vir vanjaar se Koop Koop-‘n-Afrikaanse-boekdag het die VVA vir Kobus Galloway van Idees Vol Vrees-faam genader om spesiaal twee spotprente te ontwerp waarmee deelnemende boekwinkels hierdie dag kan adverteer. So waarvoor wag jy? Maak seker dat jy op Maandag 14 Augustus by jou naaste boekwinkel uitkom. Daar wag wonderlike Afrikaanse boeke om gekoop en gelees te word!

Om meer te lees oor VVA en die wonderlike werk wat hulle doen, volg dié skakel.

  AUTHOR
Alita Steenkamp
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Africa Check: Afrikaans schools produced 16% of SA’s maths distinctions – not 88%

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other