Ongelukke eis twee, beseer ses op die N4

Die voertuig wat in die eerste ongeluk betrokke was, met die trok wat in die tweede ongeluk betrokke was in die agtergrond.
Die voertuig wat in die eerste ongeluk betrokke was, met die trok wat in die tweede ongeluk betrokke was in die agtergrond.

NELSPRUIT – ‘n Ongeluk op die N4 het vanmiddag twee mense hul lewens gekos, voor ses mense, onder andere vyf polisiebeamptes, in ‘n sekondêre ongeluk beseer is.

Die eerste ongeluk naby die Schoemanskloof-afdraai het rondom 17:00 plaasgevind toe ‘n bakkie op die draai glo teen die kant van ‘n aankomende trokkie gebots het. Die bakkie was vanuit Nelspruit se rigting op pad.

Beide insittendes is uit die voertuig geslinger en is op die toneel dood.

Die ongeluk het verkeer tot ‘n slakkepas gedwing, en ‘n tweede trok wat uit Nelspruit se rigting gekom het, het volgens ooggetuies ‘n aankomende Toyota getref toe hy oor die pad geknipmes het.

Vyf polisie-beamptes wat op die toneel was oor die eerste ongeluk is beseer, sowel as die bestuurder van die Toyota.

Al die beseerdes is hospitaal toe. Die pad is vir verkeer in albei rigtings toegemaak en teen 18:40 het verkeer vir ten minste twee kilometers opgehoop in Nelspruit se rigting. Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van Laevelder.

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
New+Zealand+v+South+Africa+1st+Twenty20+International+B_iMOfFtn_8l
Uplands will once again host Ehlanzeni Cup