Top-notch athletics at Interprimary 2014

aa

 

Atletiekskouspel oortref alle verwagtinge

Die laerskole het sowaar Vrydag hul beste prestasies vir laaste gebêre. Die jaarlikse atletiekskouspelagtige, die interhuisbyeenkoms, het op Hoërskool Rob Ferreira se sportgronde plaasgevind. Vanjaar was Laerskool Witrivier aan die stuur van sake en het hulle uitstekend van hul taak gekwyt.
Marius Nel van Laerskool Lydenburg het puik presteer. Hy is as die beste senior hekkies- en baan-atleet aangewys en met die junior victor ludorum-toekenning weggestap. Nel het die verspringrekord vir seuns o/10 verbeter en Tiaan Pretorius die 80m-hekkies vir seuns o/13.
Kayle Labuschagne (dogters o/12) van Laerskool Bergland was eerste oor die wenstreep in die 75m-, 100m- en 150m-hekkies en het haar skool se naam hoog gehou.


Die atletiekorganiseerder van Laerskool Barberton, JP Hugo, wil graag alle atlete vir hul deelname bedank en dié wat op die podium gestaan het, gelukwens.
Laerskool Witrivier se twee langasems, Pieter Burger (o/10) en Japie Lubbe (o/13) het goed in onderskeidelik die 1200m en 1500m gevaar.
Anja Nel van Laerskool Nelspruit het die junior victrix ludorum-trofee ontvang en Pieter du Preez was die beste middelafstand-atleet.
Die hoofdogter van Laerskool Laeveld was die senior victrix ludorum en het dié prestasie vir beste middelafstand-atleet verower. Chené Maritz is as die beste veldatleet-dogter aangewys en Tijhan van der Walt was die beste veldatleet-seun.
Nelspruit Primary neem in 2015 die leisels as gasheerskool oor.

Foto’s

 bergland

Laerskool Bergland

Bergland se optog

Bergland sing hul harte uit

Bergland vol gees op die paviljoene

lydenburg

Laerskool Lydenburg

 

Sing-span gee die pas aan

Lydenburg wys hul staal

 primary

Nelspruit Primary

 

Enthusiasm contagious

 laeveld

Laerskool Laeveld

Laeveld se optog

Laeveld sing die dag aan die brand

 nelspruit

Laerskool Nelspruit

Nellies in die optog

Nellies spoor atlete aan

 barberton

Laerskool Barberton

 

Barberton’s procession

 witrivier

Laerskool Witrivier

 

 

 

Witrivier lei die optog

‘n Geel singende massa op die paviljoene

 verwagtinge

Verwagtinge oortref

Aksie!

A competitive atmosphere

Athletes show mettle

Aanhangers skree harte uit

Nog laerskole atletiek-aksie

Ouers en organiseerders

 

Spar-Interprimary Xerox

Nog video’s

Groot gees by Interlaer

Read all about the Interhigh 2014 here!

Latest News

COMMENTS

hazyview_smallmpumalanganews_sallnelspruitpost_smallsteelburger_publication_newwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallcorridor_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
IMG_9403 (Large)
Jong atlete druk hul stempel af